Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
‘Makabere MTBR sal Moody’s oor afgrond stoot’
Lullu KrugelFoto: Elvira Wood

As die kredietgradeerder Moody’s Investors Service sy integriteit wil behou, sal hy geen ander keuse hê as om Suid-Afrika se staatskuld tot rommel af te gradeer nie.

Dít is PwC se kommentaar oor die “makabere” mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) wat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag aan die parlement voorgelê het.

Moody’s is tans die enigste van die drie groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika se staatskuld nog op beleggingsgraad het. Sy gradering is Baa3 – een vlak bo rommelstatus – met ’n stabiele vooruitsig.

Moody’s maak na verwagting Vrydag sy jongste besluit oor die land se kredietgradering bekend.

Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC, sê Woensdag in ’n verklaring die feit dat die tesourie die ekonomiese groeivooruitsig met 0,5% verlaag het en erken het dat hy beduidend meer geld oor die mediumtermyn móét leen, “sal Moody’s se berekeninge van die land se skuld beslis bo kritieke vlakke opstoot”.

“Die enigste onmiddellike redding is as die agentskap besluit om te wag en te hoor wat die veelvuldige beloftes oor verandering is wat glo in Februarie 2020 in die begroting onthul gaan word.”

Krugel sê met die huidige stand van sake was die MTBR wel Mboweni se beste poging om veld te probeer wen.

Sy beskryf dit in rugbyterme as ’n “MTBR-lynskop”.

“In sportsoorte soos rugby en sokker kan dit baie help om die bal uit te skop in ’n poging om veld te wen.

mtbr

“Dit vertraag die onmiddellike bedreiging en verlig die druk op die spelers. Hoewel só ’n stap kan help om ’n beter aanvallende maneuver te bewerkstellig, kan dit ook opponente toelaat om ’n teenaanval te loods.

“Die graderingsagente, wat in hierdie spel as skeidsregters gesien kan word, is waarskynlik nie beïndruk deur die MTBR-lynskop nie,” sê Krugel.

Isaah Mhlanga, hoofekonoom by Alexander Forbes, voorspel ook dat die MTBR Moody’s gaan noop om sy siening van die land se skuld te verander.

Hy voorspel egter dat Moody’s Vrydag net sy vooruitsig van stabiel na negatief gaan verander, en dat hy tot 2020 sal wag voordat hy skuld tot rommelstatus afgradeer.

Prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sê die MTBR is dalk realisties oor die dreigende fiskale krisis, maar die oplossings wat die tesourie in werking gestel het, skiet te kort.

“So lank as wat staatsbesteding nie beter beheer word nie, sal die negatiewe skuldvlakke aanhou styg.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.