Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Mboweni: Dié belasting styg waarskynlik nie
Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die kanse is skraal dat die tesourie persoonlike inkomstebelasting of belasting op toegevoegde waarde (BTW) gaan verhoog.

Tog daar is ’n kans dat die tesourie ’n “erfenis-” en/of “solidariteitsbelasting” kan instel.

Tito Mboweni, minister van finansies, het dié moontlikhede Maandag genoem in konferensieoproepe met kliënte van die land se twee grootste banke. Luidens twee mense wat na dié oproepe geluister het – maar wat anoniem wil bly – het Mboweni die tesourie se moontlike planne om meer belasting in te samel met kliënte van Absa en Standard Bank bespreek.

Mboweni het nie veel ruimte om belasting te verhoog wat op individue en maatskappye gehef word nie, met die verhouding tussen belastinginkomste en bruto binnelandse produk op 26% vergeleke met ’n wêreldgemiddelde van 15%. Dit is luidens syfers van die Wêreldbank.

Die verhoging van BTW – wat die regering sedert 1991 slegs twee keer gedoen het – is ongewild in die ANC omdat dit gesien word as ’n skuif wat die land se armste mense die swaarste beïnvloed.

Belasting op rykes word polities ondersteun en ’n solidariteitsbelasting – wat verband hou met die uitbreek van Covid-19 – sal net vir ’n bepaalde tydperk gehef word.

Die tesourie het verlede week in ’n spesiale aanvullende begroting gesê hy verwag dat sy inkomste vir die huidige boekjaar tot R1,12 duisend miljard sal daal. Dit is teenoor die R1,43 duisend miljard wat hy in Februarie geraam het hy sou insamel. Mboweni het tóé gesê ’n bykomende belasting van R40 miljard sal oor die volgende vier jaar gehef word. Hy het geen besonderhede hieroor gegee nie.

Die tesourie, Absa en Standard Bank wou nie kommentaar lewer nie. – Bloomberg, verkort

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Btw  |  Belasting  |  Begroting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.