Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Mboweni wil MTBR nou op 29 Oktober lewer
Tito Mboweni
Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Deaan Vivier

Tito Mboweni, minister van finansies, het pas aangekondig dat hy die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) nou op Dinsdag 29 Oktober aan die parlement wil voorlê.

Dis voorheen bevestig dat dit op Woensdag 30 Oktober gelewer sou word.

Mboweni het die nuwe aankondiging tydens 'n gesprek met ekonome by die Reserwebank in Pretoria gedoen.

"Ons sal later vandag die datum aan almal stuur," sê hy.

Mboweni sê die datum is aangepas om by pres. Cyril Ramaphosa se skedule te pas.

Oorspronklik was daar sprake dat die MTBR op 23 Oktober gelewer sou word. Mboweni het later bevestig dat dit op 30 Oktober gelewer sal word, ook juis omdat Ramaphosa nie in die land sou wees op 23 Oktober nie.

Die MTBR is die driejaarplan met die regering se geldsake en wat Mboweni op dié dag sê, kan deurslaggewend wees vir die land se kredietgradering.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Cyril Ramaphosa  |  Mtbr2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.