Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Meer geld vir jong kinders, teruggee van grond

Werk ten opsigte van vroeë kinderontwikkeling op mediumtermyn is ’n prioriteit, blyk dit uit die mediumtermyn-begrotingsraamwerk.

weer, koringveld, plaas
Die regering het sedert 1994 sowat R41 miljard aan die grondrestitusieprogram bestee om 3,5 miljoen hektaar grond aan hul regmatige eienaars terug te gee. Foto: Pixabay

Groter toelae vir vroeë kinderontwikkeling in die provinsies sal die subsidie per kind verhoog en toegang daartoe uitbrei. Dié verhoging sal gefinansier word deur die fondse wat geherprioritiseer is uit oordragbetalings aan die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa).

“Fondse sal geherprioritiseer word aan die provinsiale gelyke toedeling om voort te gaan om sanitêre doekies aan leerlinge van laeinkomstehuishoudings by skole te voorsien.”

Dit blyk verder uit die begrotingsdokument dat die regering sedert 1994 sowat R41 miljard aan die grondrestitusieprogram bestee het om 3,5 miljoen hektaar grond aan hul regmatige eienaars terug te gee.

“Op mediumtermyn sal fondse toegeken word om ondersteuning ná vestiging op die grond te verbeter in samewerking met landelike kommoditeitsorganisasies.”

Die regering sal ook fondse op mediumtermyn herprioritiseer, insluitende uit die regering se omvattende ondersteuningsprogram vir boere (Casp) om nakoming te verhoog ten opsigte van biosekuriteit, plant- en dieregesondheid, en fitosanitêre en sanitêre standaarde om landbou-uitvoere te verbeter.

Meer oor:  Grondhervorming  |  Mtbr2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.