Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Meer oor Cyril se beloftes oor staatsbank, fonds

Pres. Cyril Ramaphosa het verskeie beloftes in sy staatsrede gemaak waaroor hy gesê het Tito Mboweni, minister van finansies, verder in sy begrotingsrede sou uitwei.

Tito
Tito Mboweni, minister van finansie, voor sy begrotingsrede Woensdag. Foto: Adrian de Kock

Hier is van die beloftes waaroor Mboweni uitgewei het.

Staatsbank

Mboweni sê die parlement het verlede jaar wetgewing deurgevoer ingevolge waarvan staatsentiteite om banklisensies aansoek kan doen.

Die Postbank is in die proses om daarvoor aansoek te doen.

Dr. David Masondo, adjunkminister van finansies, het hieroor gesê daar is reeds verskeie “kwasie”-staatsbanke in die land en dat die beplande staatsbank al hierdie banke sal saamvat om bankdienste vir veral arm mense in landelike gebiede toegankliker te maak.

Soewereine welvaartfonds

Mboweni het Woensdag aan joernaliste gesê ’n soewereine welvaartfonds sal binnekort gestig word.

Luidens sy begrotingsoorsig is die nasionale tesourie besig met ’n lewensvatbaarheidstudie oor so ’n fonds.

Die geld daarvoor “sal heel waarskynlik kom van die opbrengs van die toekenning van breëbandspektrum en die verkoop van nie-kern-bates van die staat. “Daarbenewens kan ’n fiskale reël, waarvolgens fiskale oorskotte in die fonds gestort word, help om wisselvallige inkomste te bestuur.”

Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa)

Besteding aan openbare vervoer word met R13,2 miljard oor die volgende drie jaar besnoei, hoofsaaklik in die toekenning aan Prasa wat onder administrasie is, en die openbare vervoernetwerk-toelaag.

Volgens Mboweni is die geld hiervoor verminder weens onderbesteding in vorige jare wat tot reuse- kontantsurplusse gelei het.

“Daar word van Prasa verwag om noodsaaklike besteding aan te gaan om Metrorail te stabiliseer.”

Werkskepping vir die jeug

Sowat 8,2 miljoen jeugdiges tussen 15 en 35 jaar studeer nie, werk nie of kry nie enige opleiding nie.

“Die regering is daartoe verbind om hulle te help,” het Mboweni gesê.

“Tot op hede het projekte van die werkskeppingsfonds meer as 175 000 permanente werkgeleenthede geskep en meer as 21 000 mense met internskappe gehelp. Dit het ook 59 900 werkgeleenthede op kort termyn geskep. Sowat 65% hiervan was vir jeugdiges.”

Mboweni het gesê dat die nasionale tesourie ná Ramaphosa se aankondiging hieroor in sy staatsrede oor die volgende drie jaar ook hulpbronne hiervoor sal prioritiseer. “Ons begin onmiddellik daarmee. Ek sal meer besonderhede daaroor in die 2020-mediumtermynbegrotingsraamwerk verskaf.”

Meer oor:  Nasionale Tesourie  |  Prasa  |  Staatsbank  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.