Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Momentum: Jan Taks gaan R50 mjd. té min kry
Edward KieswetterFoto: Lisa Hnatowich

Tito Mboweni, minister van finansies, gaan waarskynlik ’n plan moet maak met sy begroting.

Momentum Investments voorspel Dinsdag dat weens die syfers wat reeds bekend is, gaan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), vanjaar waarskynlik sowat R50 miljard minder insamel as waarvoor begroot is.

Mboweni, sal na verwagting veranderinge in die geprojekteerde belastinginkomste vir die boekjaar 2018-’19 bekend maak wanneer hy op 30 Oktober die mediumtermynbegrotingsraamwerk, of minibegroting, in die parlement voorlê.

Herman van Papendorp, Sanisha Packirisamy en Roberta Noise, almal van Momentum, sê in ’n verklaring dat die SAID tekorte in die gesig staar wat betref persoonlike inkomste- én maatskappybelasting, asook belasting op toegevoegde waarde (BTW).

Hoewel die regering in Februarie voorspel het dat hy na verwagting sowat 12,45% méér persoonlike inkomstebelasting gaan insamel, is die groei tot dusver vanjaar net 6,9%. Dit is heelwat minder as die gemiddeld van die afgelope vyf jaar.

Sakeondernemings wat onder druk is beteken ook dat minder maatskappybelasting ingesamel is. BTW is ook minder as dieselfde tyd ’n jaar gelede.

“Ondanks die implementering van bykomende belastingverhogings soos die BTW-verhoging van 1% en die verhoging van belasting vir die boonste belastinggroep, is daar steeds belastingtekorte,” skryf Momentum.

“Daar is al meer kommer dat die land die grense bereik het om deur middel van belastingverhogings méér belasting in te vorder.

Edward Kieswetter, kommissaris van die SAID, het vroeër in Oktober vir Bloomberg gesê dit “gaan moeilik wees” om die teiken van R1 580 miljard te haal soos wat die tesourie voorspel het.

Kieswetter sê deel van die uitdaging is dat die SAID se hulpbronne “bloot omdat daar nie geld is nie, beduidend ingeperk is”.

“Tensy ons die hulpbronne het om [die diens] se vermoë te herbou, is die projek om die SAID te herstel in gevaar,” waarsku hy.

Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.