Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Moody’s erg skepties oor plan met staatskuld

Suid-Afrika gaan nie daarin slaag om sy skuldlas te verminder in die tydsraamwerk wat die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) dié week gestel het nie – selfs al het die MTBR nou ’n vyfjaar-skedule pleks van die gewone driejaar-skedule gekies.

Moody’s se hoofkantoor in New York, VSA.

Dis die gevolgtrekking van die internasionale kredietgradeerder Moody’s Investors Service, wat die tesourie se aannames as te optimisties beskou.

Lucie Villa, senior kredietbeampte van Moody’s, sê die regering stippel stééds nie uit hoe en wanneer hy beleid in werking gaan stel om groei te bevorder en die agteruitgang in die staat se geldsake te stuit nie.

Dit is dieselfde probleem as met verlede jaar se MTBR, sê sy.

Villa sê die MTBR erken die skaal van die land se ekonomiese en fiskale probleme. Daar is ook steeds klem op strukturele hervorming en fiskale konsolidasie. Maar genoeg word nie gedoen nie.

“Daarom verwag Moody’s dat die ekonomie bedruk sal bly en fiskale konsolidasie stadig, met ’n volgehoue styging in staatskuld oor die volgende paar jaar.”

Moody’s wys daarop dat die verlaging van rentekoerse deur die Reserwebank – met altesame drie persentasiepunte vanjaar – weinig gedoen het om die regering se konsolidasiepogings te help. “Hoewel die ingrypings opwaartse druk op langtermynleningskoste help temper het, het die opbrengs op tienjaar-staatseffekte steeds tot 10,4% gestyg teen einde September, van die gemiddeld van 10,1% in die eerste nege maande van 2020 en 9,1% in 2019.”

Moody’s beskou die tesourie ooroptimisties oor die styging in rente, asook oor sy primêre begrotingstekort.

Villa voorspel dat die begrotingstekort nagenoeg 2,5% van die bruto binnelandse produk (BBP) méér gaan wees as wat die tesourie voorspel.

Sy voorspel ook dat rente op staatskuld teen 2022 6,6% van die BBP gaan haal, teenoor die regering se verwagting van 5,6%.

“Suid-Afrika sal ’n primêre oorskot van 2,5% van die BBP benodig om die skuld-tot-BBP-verhouding te stabiliseer, teenoor die primêre tekort van 4,7% wat ons voorspel.”

Die MTBR maak die optimistiese voorspelling dat Suid-Afrika teen 2026 ’n begrotingsoorskot kan behaal.

Moody’s se kommentaar is nie ’n kredietgradering nie. Die maatskappy besluit wel eersdaags oor Suid-Afrika se gradering, wat reeds onder beleggingsgraad is.

Meer oor:  Moody's  |  Kredietgradering  |  Staatskuld  |  Mtbr2020  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.