Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Moody’s waarsku: Begroting is slegte nuus

Moody’s Investors Service, die laaste van die groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika op beleggingsgraad gradeer, beskou die begroting as slegte nuus vir Suid-Afrika se geldsake.

Moody’s is bekommerd oor die land se fiskale agteruitgang.

Lucie Villa, senior kredietbeampte en Moody’s se leidende ontleder vir Suid-Afrika, sê die begroting “beklemtoon die regering se beperkte fiskale buigsaamheid te midde van ’n uitdagende ekonomiese omgewing”.

“Die begroting wys ’n verdere verwering van fiskale krag nadat Oktober se mediumtermynbegrotingsraamwerk reeds gewys het groter begrotingstekorte gaan langer voortduur.”

Ville sê die regering se steun van R23 miljard per jaar oor die volgende drie jaar vir Eskom word net deels behaal deur besnoeiing aan ander uitgawes. Daarby is daar ’n groot “onderprestasie” met die invordering van belasting, wat die regering se fiskale tekorte en skuldvlakke laat styg het.

Die risiko’s wat staatsondernemings skep, duur voort.

Moody’s besluit op 29 Maart oor Suid-Afrika se kredietgradering.

As Moody’s die land afgradeer, kan tot $10 miljard landuit vloei omdat Suid-Afrika uit die wêreldindekse vir staatseffekte sal val. Dit sal die rand knou, inflasie opdruk en bes moontlik tot hoër rentekoerse lei.

Sommige ontleders verwag dat Moody’s in Maart net die vooruitsig vir staatskuld sal afgradeer tot negatief (van die huidige stabiel) en dan in November sal afgradeer.

Standard & Poor’s Global Ratings en Fitch Ratings het Suid-Afrika reeds op rommelstatus. Hulle het nog nie kommentaar gelewer op die begrotingsrede nie.

Meer oor:  Moody's  |  Eskom  |  Kredietgradering  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.