Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting 2018
Nene verdedig Gigaba se begroting
Nhlanhla Nene, minister van finansies.

Die jongste begroting is uiters gunstig vir die armes, anders as wat kritici beweer, sê Nhlanhla Nene, minister van finansies.

Hy het Donderdag in die parlement deelgeneem aan die debat oor die wetsontwerp oor die verdeling van inkomste, die roetine-wetgewing wat jaarliks goedgekeur moet word om die nasionale begroting regskrag te gee.

Nene het die begroting wat onder toesig van sy voorganger, Malusi Gigaba, opgestel is, verdedig en verduidelik hoe die skuif van toekennings van stedelike munisipaliteite na landelike gebiede tot voordeel van die armes is.

Hy gee toe moeilike besluite moes geneem word, soos die verkleining van toekennings aan provinsies. “Al moes ons die groei in van ons bestedingsprogramme inkort, belê die regering steeds groot bedrae geld in die land.”

Nene het beklemtoon munisipaliteite met goeie oudits sal gehelp word om meer geld te leen.

Die uiteindelike impak van die inkomsteverdeling sal egter afhang van hoe munisipaliteite, provinsiale owerhede en staatsdepartemente hul begrotings bestuur, het Nene gewaarsku.

Die DA se hoofsweep, John Steenhuisen, het ná die debat gesê die DA aanvaar nie die uitslag van die oop stemming oor die tweede lesing van die wetsontwerp nie. Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, het toe beslis ’n elektroniese stemproses sal gevolg word. Die tweede lesing van die wetsontwerp is met 207 stemme aanvaar, met 19 stemme daarteen gekant en twee wat buite stemming gebly het.

* Nomvula Mokonyane, minister van kommunikasie, het Donderdagoggend op ’n mediakonferensie ná die vorige dag se kabinetsvergadering die indruk geskep dat Nene landuit is en daarom kon spesifieke finansiële kwessies nie op die kabinetsvergadering bespreek word nie.

Dit blyk egter Nene het oornag teruggekeer na Suid-Afrika, betyds vir die debat oor die wetsontwerp oor die verdeling van inkomste.

Meer oor:  Nhlanha Nene  |  Malusi ­Gigaba  |  Ekonomie  |  Begroting 2018  |  Begrotingsrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.