Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Nóg ’n vakbond aanvaar staat se loonaanbod

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) het amptelik die staat se aanbod vir salarisverhogings aanvaar.

Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie. Foto: Argief

In ’n onverwagte skuif van die vakbond het die meer as 235 000 staatsamptenare wat hy verteenwoordig, ingestem tot die staat se aanbod van ’n salarisverhoging van 1,5% vir die 2021-’22-boekjaar.

Die VSA het nog tot onlangs gal gebraak oor die staat se “disrespekvolle” aanbod, maar sy lede het nou ’n duidelike mandaat vir die vakbondleiers gegee.

Tot dusver het sowat 34% van vakbondlede in die staatsdiens al ja gesê vir die aanbod voordat die VSA se 230 000 lede ook bygekom het.

Volgens Mugwena Maluleka, woordvoerder van alle Cosatu-geaffilieerde vakbonde, is dié persentasie reeds verlede week bereik.

Hy het toe verduidelik dat die VSA se 230 000 lede dalk genoeg kan wees om die meerderheidstem te bereik om amptelik die loonaanbod te bevestig.

Die vakbonde Sadtu, Naptosa en Hospersa het reeds aangedui dat hul lede bereid is om die loonaanbod te aanvaar.

Dié vakbonde verteenwoordig hoofsaaklik onderwysers en gesondheidsorgwerkers.

Maar Fin24 berig die polisie en gevangenisse se burgerregte-unie (BPCRU) en die Suid-Afrikaanse polisiëringsunie (Sapu) het albei die aanbod van die hand gewys, met die lidmaatskap van Sapu wat nou stem vir ’n moontlike staking onder administratiewe personeel van die polisiediens.

Die oorblywende drie vakbonde in die onderhandelinge stem steeds vir ’n mandaat om die aanbod van die regering te aanvaar of te verwerp. As die meeste vakbonde die aanbod teen die einde van die maand nie aanvaar nie, sal die aanbod verval en arbitrasie opnuut begin.

Die VSA sê Maandag in ’n verklaring dat die staat se aanbod van 1,5% plus ’n ex gratia-kontantbetaling van tussen R1 200 en R1 600 per maand van 1 April tot 31 Maart 2022 aanvaarbaar is.

Dit is veral omdat die kontantbetaling nou onbepaald sal voortduur volgens die ooreenkoms as ’n nuwe ooreenkoms vir salarisverhogings vir die volgende boekjaar nie bereik kan word nie.

Maar die VSA, wat nog tot 6 Julie gereed was om te staak, sê hy het nou die verwoesting van die landsekonomie gesien, en verstaan hoekom die aanbod aanvaar moet word.

Hy sê egter dat meer gedoen moet word deur die regering om gesteelde gelde in te vorder en terug te kry van korrupte leiers.

Meer oor:  Vsa  |  Begroting  |  Tesourie  |  Staatsdiens  |  Staatsamptenare  |  Salarisse  |  Begroting2021  |  Begrotingsrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.