Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Nulbasis-begroting kom vanjaar, sê Masondo

Die beginsels van ’n nulbasisbegroting sal vanjaar in die begrotingsproses ingestel word.

Só het dr. David Masondo, adjunkminister van finansies, Dinsdag gesê.

Dr. David Masondo, adjunkminister van finansies.

Dit is moeilik, want dit verg deeglike ontleding van verskeie programme en bestedings se kostedoeltreffendheid, maar dit is juis waarom dit nodig is, het Masondo gesê op ’n slypskool van die Nasionale Raad van Provinsies in die parlement.

’n Nulbasisbegroting is waar elke bestedingsitem van nuuts af gemeet en gemotiveer moet word, eerder as dat daar bloot op die vorige jaar se begroting voortgebou word.

Oor vrae van parlementslede oor die toepassing van die nulgebaseerde begrotingstelsel het Masondo gesê dit is die prerogatief van Tito Mboweni, minister van finansies, oor hoe vinnig en wyd dit ingestel sal word.

Hoewel daar nog nie spesifieke wetgewing ingestel is om ’n nulbasisbegroting af te dwing nie, sal wetgewing nuttig wees om dit te bevorder, glo Masondo.

Die parlement se staande komitee oor finansies was verlede jaar skepties oor die konsep, terwyl Mboweni herhaaldelik daarna verwys het.

In Februarie se begroting is egter gesê dit sal vir eers stelselmatig in werking gestel word, beginnende by die begroting vir die nasionale tesourie en die departement van openbare ondernemings vir die lopende boekjaar.

Plaaslike regerings

Oor die agteruitgang van plaaslike regerings se finansies het hy toegegee die probleem is politiek.

“As die politieke leierskap op plaaslike vlak nie uitgesorteer word nie, sal die finansiële probleme nooit opgelos word nie.”

Deel van die probleme is volgens hom administratiewe vermoëns. Die aanstellings op senior vlak word deur burgemeesters en raadslede gedoen.

Masondo het verwys na die onlangse hofbeslissing dat die nasionale regering moet ingryp by die bestuur van die Lekwa-munisipaliteit in Standerton.

“Daar is ’n sterk korrelasie tussen sterk politieke leierskap en goeie ontwikkeling by ’n munisipaliteit. Waar daar swak leierskap is, is daar swakker ouditverslae.”

Lekwa is die munisipaliteit waar die pluimveegroep Astral Foods die hof genader het om die regering te dwing om in te gryp omdat die munisipaliteit nie dienste kon lewer nie.

Meer oor:  David Masondo  |  Begrotingsrede  |  Begroting  |  Tesourie  |  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.