Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Private gras g’n groener – tesourie
Edgar Sishi, hoofdirekteur in die nasionale tesourie se begrotingskantoor. Foto: Linkedin

“Mense in die private sektor moes opofferings maak om hul werk te behou of ’n onderneming aan die lewe te hou. “As jy ’n maatskappy moes bestuur met die soort syfers van die staat, sou jy dringend stappe gedoen het.”

So het Edgar Sishi, hoofdirekteur in die nasionale tesourie se begrotingskantoor, Vrydag die besluit verdedig om loonverhogings in die staatsdiens te bevries.

Werkers in die private sektor moes weens die koronavirusinperking kwaai besnoeiings aan hul salarisse aanvaar.

“Ons glo dus nie staatsdienswerkers sal uitstroom na die private sektor om daar werk te gaan soek nie,” het hy op ’n gesamentlike vergadering van die parlement se finansiële komitees gesê. Dit was in reaksie op vrese van Cosatu en parlementslede dat die sny van staatsdienssalarisse tot ’n uitvloei van personeel sal lei.

“Ons weet ons voorstel is nie maklik nie, maar dit moet teen die ekonomiese en fiskale uitdagings opgeweeg word.”

Die salarisse van staatsamptenare het die afgelope jare vinniger as dié van werkers in die private sektor gestyg. Meer as 95% van staatsamptenare verdien meer as die onderste 50% van geregistreerde belastingbetalers.

Die beginsalarisse in die staatsdiens is hoër as die beginsalarisse in die private sektor.

Sedert 2007 groei die gemiddelde vergoeding in die staatsdiens vinniger as die bruto binnelandse produk per capita, en is nou 4,7 keer meer, grootliks weens trae ekonomiese groei en hoë werkloosheid, het Sishi gesê.

Matthew Parks, Cosatu se parlementêre koördineerder, het teruggekap en daarop gewys dat ’n mens appels met appels moet vergelyk. Daar is nie plaaswerkers en huiswerkers in die staatsdiens nie, so dit is vanselfsprekend dat die gemiddelde vergoeding in die staatsdiens hoër as in die private sektor sal wees.

Hy meen boonop daar is reeds ’n groot uitvloei van verpleegpersoneel, dokters en onderwysers van Suid-Afrika na Dubai of lande soos Saoedi-Arabië. Dit is staatsdienswerkers wat deur ander lande weggerokkel word.

Staatsdienswerkers wat net R186 000 per jaar verdien, kan nie ’n bevriesing van hul salaris vir drie jaar bekostig nie, het Parks gesê.

As die tesourie politieke kapitaal wil inpalm, moet hy begin sny aan die buitensporige salarisse wat mense soos burgemeesters en ander ampsdraers verdien, sê Parks.

Meer oor:  Mtbr2020  |  Staatsdienswerkers  |  Staatsdienslone  |  Begroting  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.