Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
R4,4 mjd. vir opkomende boere
Droogte en ander uiterste klimaat is 'n kopseer vir die landbousektor.

’n Bedrag van R3,4 miljard is vir droogtehulp in die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) bewillig, hoofsaaklik om waterinfrastruktuur op te knap.

Terselfdertyd sal R4,4 miljard na die Landbank oorgeplaas word om opkomende boere te ondersteun.

Die geld wat vir droogtehulp opsygesit is, sluit in R1,3 miljard vir die departement van water en sanitasie, R1,2 miljard vir die departement van samewerkende regering en tradisionele sake en R566 miljoen vir die departement van landbou, bosbou en visserye.

Die private sektor ontwikkel finansieringsmodelle wat geld uit die private en openbare sektor sal gebruik om die potensiële begunstigdes van herverspreiding te help om toegang tot kapitaal te verkry om grond te koop.

Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het in die eerste helfte van die 2018-’19-boekjaar grond van 10 197 ha gekoop teenoor die teiken van 81 000 ha. Dit is glo te wyte daaraan dat baie grondeienaars aanbiedinge van die waardeerder-generaal verwerp, asook ’n vertraging in die aankoop van 15 plase wat 21 927 ha beslaan.

Waardetoevoeging in landbou, bosbou en visserye in die eerste helfte van 2018 het met 4,8% afgeneem in vergelyking met dieselfde tydperk in 2017.

Mielieproduksie het afgeplat teenoor 2017, terwyl produksie in die Wes-Kaap steeds onder druk is weens die droogte. Die korttermynvooruitsig vir die sektor het verbeter. Hoër reënval in die Wes-Kaap het aanleiding gegee tot verhoogde produksie van wintergewasse.

Daar is genoeg voorraad van mielies vir die plaaslike mark en daar word nie verwag dat Suid-Afrika vanjaar mielies sal invoer nie.

Die landbouwaardeketting het hoë groei, werkskepping en uitvoerpotensiaal. Die gesamentlike uitvoerwaarde van arbeidsintensiewe gewasse soos sitrus, druiwe en makadamianeute het van 2015 tot 2017 jaarliks met gemiddeld 7,5% gestyg.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Water  |  Mtbr2018  |  Droogtehulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.