Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
R500 m. om nood van droogte, vloede te verlig
Drips faucet and dry environment in the background
Die staat het R500 miljoen in hulp bewillig om rampe soos droogtes te bestuur.

’n Bedrag van R500 miljoen is voorlopig opsygesit vir rampbestuur om die uitwerking van die onlangse vloede en die voortslepende droogte die hoof te bied.

Só het Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag in sy begrotingsrede in die Nasionale Vergadering gesê.

Dit blyk verder uit die Begrotingsoorsig 2020, wat saam met Mboweni se toespraak gepubliseer is, dat die nasionale tesourie maniere ondersoek om sy onmiddellike fiskale reaksie op rampe en die langtermyngevolge van die klimaatkrisis te verskerp.

Uiterste weersomstandighede word meer dikwels weens die klimaatkrisis ondervind, lui die dokument.

Terwyl sommige dele van Suid-Afrika gebuk gaan onder jare lange droogtes, het erge vloede en storms KwaZulu-Natal in 2019 getref. Die vloede en storms het infrastruktuur beskadig en tot die dood van 50 mense gelei.

Die regering het sedert 2016 altesaam R6,3 miljard aan droogteverligtingsprojekte en R600 miljoen aan vloedverligting bestee.

“Tog is reaktiewe reaksies tot rampe ondoeltreffend en duur. Die nasionale tesourie ondersoek maniere om die onmiddellike fiskale reaksie op rampe en die fiskale bestuur van die regering se reaksie op die langtermyngevolge van die klimaatkrisis te verbeter.”

Befondsing vir rampe word hoofsaaklik deur middel van voorwaardelike toelaes verskaf. Geld is beskikbaar vir noodbehuising en tydelike infrastruktuur-herstelwerk terwyl die departement van maatskaplike dienste bystand soos kospakkies verskaf.

Spesiale toewysings in voorwaardelike toelaes befonds die herbou van beskadigde infrastruktuur, insluitend gesubsidieerde huise.

“Die beskikbaarstelling van die geld is dikwels stadig en dit word nie altyd bestee soos beplan nie. Die nasionale tesourie en die nasionale rampbestuursentrum sal die befondsingstelsel in 2020 hersien,” lui die dokument.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Droogte  |  Vloed  |  Hulpverlening  |  Begrotingsrede  |  Begroting2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.