Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Ramaphosa ‘spaar politieke kapitaal voor verkiesing’

Ontleders stem met Tito Mboweni, minister van finansies, saam: Suid-Afrika se geldsake is by ’n kruispad. Moeilike besluite moet geneem word om die staat se skuldvlakke, salarisrekening en uitgawes in bedwang te bring.

Pres. Cyril Ramaphosa skud Tito Mboweni, minister van finansies, se hand. Is Mboweni die een wat moeilike waarhede namens Ramaphosa moet deel? Foto: Adrian de Kock

Maar dit gaan nie voor die 2019- algemene verkiesing gebeur nie . . .

Mboweni het nog nie sy eie politieke kapitaal begin gebruik nie, sê Peter Attard Montalto, hoof van kapitaalmarknavorsing van Intellidex.

Hy sê die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) wys dat Nhlanhla Nene, die vorige minister, geen politieke kapitaal gehad het nie – daar is weinig tekens dat fiskale toegewings deur ander ministers oorweeg is. Onderhandelinge tussen departemente daaroor sou tussen Junie en September gevoer gewees het. Mboweni is maar twee weke gelede as minister aangestel.

Nene en die tesourie sou waarskynlik baie graag fermer wou optree om die staatsdiens te verklein en om onderbesteding toe te wys om skuld af te betaal – en hy het waarskynlik hard baklei teen die hulppakkette wat staatsondernemings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap gekry het.

Montalto sê egter daar is op die oomblik “geen politieke aptyt hoegenaamd vir fiskale konsolidasie nie”.

Ons sien Mboweni nié as die persoon wat sê wat Ramaphosa wil sê nie. Hy is eerder iemand wat strategies ‘waarheidsbomme’ kan afvuur, maar dit beteken nie die hele regering gaan hom volg nie.
Peter Attard Montalto van Intellidex

“Dit (die begrotingstekort) is die slagoffer van die doen-niks-toesluit-narratief voor die verkiesing wat nou op Suid-Afrika neergedaal het.”

Om die staatsdiens te verklein, is polities so sensitief dat die MTBR nie eens na pakkette vir vrywillige skeiding of vervroegde aftrede verwys nie. Mboweni het wel in sy nuuskonferensie gesê as mense bedank of doodgaan, moet die vraag gevra word of hulle wel vervang moet word, ’n sinspeling daarop dat poste dalk bevries moet word. Hy het egter later beklemtoon kritieke poste moet gevul word en die MTBR maak voorsiening vir die aanstelling van meer mediese personeel.

Montalto sê uiteindelik weerspieël die MTBR die feit dat pres. Cyril Ramaphosa geen van sy eie politieke kapitaal ontplooi het om ’n strenger begroting deur te druk nie.

“Dit wys op ’n belangrike punt waar ons reken die mark Ramaphosa misverstaan: Hy is nie opsigself fiskaal konserwatief nie. Nie nou nie, en hy gaan ook nie ná die verkiesing so word nie . . .

Peter Attard Montalto, navorser vir Intellidex, sê moeilike besluite gaan nie voor die 2019-verkiesing geneem word nie.

“Ons sien Mboweni nié as die persoon wat sê wat Ramaphosa wil sê nie. Hy is eerder iemand wat strategies ‘waarheidsbomme’ kan afvuur, maar dit beteken nie die hele regering gaan hom volg nie.

“Dis waarom ons nie opgewonde raak oor die retoriek oor die hersamestelling van staatsondernemings nie.”

Mboweni se toespraak het onder meer die aanhaling ingesluit dat daar geen heilige koeie is nie – ook nie die SAL nie. Hy het ook beklemtoon dat die staat te veel aan salarisse bestee, teenoor besteding aan ontwikkeling, goedere en dienste.

“Maar grondliggend is daar nog nie politieke kapitaal in die regering of in die ANC om die moeilike herstrukturering van staatsondernemings te onderneem nie. Mboweni sal doeltreffend wees om die waarheid te praat oor die politieke verstoppings in die regering . . . maar hy is nou al geruime tyd op die (ANC se) nasionale uitvoerende komitee . . . Daarom weet ons nie wat nou skielik sal verander nie (behalwe dat hy toegang het tot die tesourie se intellektuele hulpbronne).”

FNB se ontleders, onder leiding van Mamello Matikinca, hoofekonoom, stem saam dat die tesourie baie min beweegruimte gehad het in die konteks van die verkiesing. “Hoër belasting, besnoeiing van besteding en die verkoop van staatsbates sou waarskynlik die regering te duur te staan gekom het, en dis verstaanbaar dat die tesourie die konserwatiewe pad gekies het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.