Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Rand sterker – maar (nog) nie oor Tito

Die rand het Dinsdagaand met omtrent 11c versterk nadat Jerome Powell, voorsitter van Amerika se Federale Reserweraad, se kommentaar die dollar laat verswak het.

Die aandag van die mark sal Woensdag op die stand van Suid-Afrika se staatsfinansies val wanneer Tito Mboweni, minister van finansies, sy begrotingsrede in die parlement lewer. Foto: Pixabay

Powell het in die middag (Suid-Afrikaanse tyd) gesê dat die Amerikaanse ekonomie ’n geruime tyd steun nodig gaan hê. Dít was kommentaar wat die dollar seergemaak het.

Die vooruitsig op voortgesette steun deur die sentrale bank van die wêreld se grootste ekonomie is positief vir opkomende markte soos Suid-Afrika.

Die rand het min gereageer op data van Statistieke Suid-Afrika wat toon dat die amptelike werkloosheidsyfer tot 32,5% in die vierde kwartaal van verlede jaar gestyg het, teenoor 30,8% in die vorige drie maande.

Die rand het op R14,56 gesluit wat 11c sterker was as sy vorige sluiting Maandagaand van R14,68, soos deur Iress se data aangedui. Dit is amper 0,8% stewiger as die vorige sluiting.

Die rand het vroegoggend self sterker gebeur na R14,54 toe.

Die aandag van die mark sal Woensdag op die stand van Suid-Afrika se staatsfinansies val wanneer Tito Mboweni, minister van finansies, sy begrotingsrede in die parlement lewer.

’n Peiling van Reuters wat verlede week gepubliseer is, het getoon dat die fiskale tekort vanjaar na verwagting sal krimp danksy ’n ekonomiese oplewing die laaste maande, maar die langtermyntendens van hoër staatskuld bly onveranderd weens die pandemie en die druk van verliesmakende staatsondernemings.

Die rand reageer gewoonlik skerp as daar ’n verrassing in die begrotingsrede is.

Die indeks van alle aandele het Dinsdagaand 2% laer op die Johannesburgse beurs gesluit. Dit het weerspieël wat in die res van die wêreld se aandelemarkte aangegaan het voordat Powell gepraat het.

Die nuus oor Powell se kommentaar het Woensdagoggend verseker dat die plaaslike mark positief geopen het. – Reuters, bygewerk

Meer oor:  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Begroting2021  |  Geldeenheid  |  Beleggers  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.