Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Reëls verskerp oor geld wat landuit gaan

Belastingwette rakende mense wat meer as R10 miljoen landuit wil neem, sal binnekort verskerp word, as Tito Mboweni, minister van finansies, sy sin kry.

Tito Begroting2020
Tito Mboweni, minister van finansies, kom aangestap by die parlement voor sy begrotingsrede. Foto: Adrian de Kock

Mboweni het Woensdag in sy begrotingsoorsig gesê individue wat meer as R10 miljoen na die buiteland wil neem, sal voortaan aan ’n baie strenger verifikasieproses onderwerp word.

“Sulke oordragte sal aan ’n risiko-bestuurstoets onderworpe wees, wat die sertifisering van belastingstatus én die bron van die geld sal insluit.”

Daar sal ook verseker word dat individue voldoen aan alle regulasies teen geldwassery en die bekamping van die finansiering van terreur, soos voorgeskryf deur die Fica-wet van 2001.

Dit sal teen 1 Maart 2021 ingefaseer word.

“Volgens die nuwe stelsel sal emigrante en inwoners oor dieselfde kam geskeer word. Bykomende beperkings op emigrante – soos die beperkings op laasgenoemde se beleggings (in Suid-Afrika) en die vereiste dat slegs geblokkeerde rekenings bedryf mag word – en oor emigrante se bankrekenings en die aangaan van lenings (hier), word herroep.

“Die konsep van emigrasie soos erken deur die Reserwebank sal uitgefaseer word en vervang word met ’n verifikasieproses wat op die bogenoemde vereistes gegrond is.

“Ingevolge die internasionale standaard neem Suid-Afrika deel aan die outomatiese uitruiling van inligting tussen (verskillende lande se) belastingowerhede aangaande individue se finansiële rekenings en beleggings.

“Hierdie samewerking sal voortduur om te verseker dat Suid-Afrikaanse belastingbetalers wat buitelandse inkomste en beleggings het, die gepaste vlakke van belasting betaal,” het Mboweni gesê.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Immigrante  |  Staatskuld  |  Aksyns  |  Belasting  |  Begroting2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.