Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
SA bestee meer aan rente as aan gesondheid

Die regering bestee R25 miljard méér aan rente op sy skuld as wat hy aan die hele gesondheidsbegroting bestee, het Dondo Mogajane, direkteur-generaal van finansies, Donderdag gesê.

Dondo Mogajane, direkteur-generaal van finansies.

Boonop betaal staatsdepartemente in sommige gevalle tot soveel as 45% meer vir kantore as die markverwante huur, het dr. David Masondo, adjunkminister van finansies, op dieselfde geleentheid gesê.

“Ons kan nie onbepaald voortgaan om te leen nie, want dit sal toekomstige generasies raak. Dis onvolhoubaar. Ons moet iets aan die bestedingskant doen,” het Mogajane gesê op die tesourie se konferensie oor bestedingshersiening, Savings@work, wat Donderdag en Vrydag aanlyn gehou word.

Die hele gesondheidsbegroting is minder as wat jaarliks aan rente op skuld bestee word.

Tussen 2000 en 2007 was daar snelle groei en daar was elke jaar meer geld om te bestee, maar dié vet jare is nou verby. Suid-Afrika kan nie soos Japan of Amerika sy skuld só opjaag dat dit meer as 100% van die bruto binnelandse produk (BBP) is nie, het Mogajane gesê.

Moeilike en pynlike besluite sal geneem moet word. Gebiede van ondoeltreffende besteding moet geteiken word. Die roete van nulbasis-begroting is dus die regte een, meen Mogajane.

LEES OOK: Nulbasis-begroting kom vanjaar, sê Masondo

Die landsbegroting gaan nog ’n hele aantal jare onder uiterste druk verkeer, het Mogajane gewaarsku.

Volgens hom is dit boonop minder pynlik om staatsamptenare se salarisrekening te besnoei as om dienslewering aan die armes en kwesbares te sny.

Die staat se salarisrekening is so ’n groot komponent van totale besteding dat dit nie regtig moontlik is om nié daaraan te raak nie.

Mogajane het verduidelik dat dit dikwels polities moeilik is om sekere besnoeiings aan ondoeltreffende bestedingsprogramme te doen omdat elke program sy vurige verdedigers in die vorm van amptenare, politici en begunstigdes het.

“Daar is dikwels te min objektiewe, verifieerbare data oor besteding en prestasie om die meriete van ’n program nugter te beoordeel. Dikwels word die meriete dan op baie oningeligte, anekdotiese gronde gedebatteer.”

Te hoë kantoorhuur

Masondo het gewaarsku oor die hoë kantoorhuur wat staatsdepartemente betaal – ’n voorbeeld waar geld baie doeltreffender bestee kan word.

Tot 60% van die huurkontrakte van staatsdepartemente is bo die heersende markkoerse, en die gemiddelde huur is 45% meer as wat die heersende markverwante huur is.

Deur net na 2015 te kyk, is in een verslag bevind dat soveel as R700 miljoen van die totale R3 miljard wat in daardie jaar aan kantoorhuur bestee is, gespaar kon word as die huurgeld markverwant was.

Meer oor:  Dondo Mogajane  |  Rente  |  Begroting  |  Besteding  |  Gesondheid  |  Staatskuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.