Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
SA moet regmaak vir ongewilde begroting
Minister van finansies, Malusi Gigaba.

’n Moeilike en ongewilde begroting word Woensdag verwag wat ’n verhoging in BTW en persoonlike belasting gaan insluit.

’n Senior amptenaar van die nasionale tesourie het Vrydag aan City Press gesê “moeilike besluite” is gemaak om die sowat R51 miljard se tekort aan inkomste by te bring.

Volgens die amptenaar gaan die tesourie probeer om die helfte in te samel deur staatsbesteding te sny en die ander helfte deur inkomste te bestuur. 

“Dit is slegte nuus, maar BTW en persoonlike inkomstebelasting gaan styg. Dit gaan nou moeilik wees, maar Suid-Afrikaners gaan binne vyf jaar die beloning kry daarvoor.

Dié keer kan belastingverhogings eenvoudig nie vermy word nie,” het die amptenaar gesê. – Fin24

Meer oor:  Minister Van Finansies  |  Nasionale Tesourie  |  Begroting  |  Belasting  |  Btw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.