Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Salaristwis in staat sleep voort

Onderhandelinge oor salarisse in die staatsdiens tussen die regering en vakbonde wat staatsamptenare verteenwoordig, duur steeds voort.

Kamogelo Mogotsi, woordvoerder van Senzo Mchunu, minister van openbare dienste en administrasie, het dit Saterdag aan Netwerk24 bevestig.

Reuben Maleka, woordvoerder van die Vereniging van Staatsamptenare (VSA), wat 235 000 amptenare verteenwoordig, het Vrydagmiddag gesê dit lyk of onderhandelinge deurnag sou duur.

Hy sit tans buite en “hou wag”, het hy Vrydagmiddag gesê.

Volgens Maleka was daar nog nie pouses of enige nuus oor hoe dit in die raadsaal gaan nie.

Die staat se jongste amptelike aanbod aan vakbonde was ’n 0%-verhoging, terwyl die VSA sowat 7,2% eis.

LEES OOK: Dis D-dag vir staat oor salaristwis

Maleka sê die vakbond is bereid om ’n kompromis aan te gaan, maar dan moet ’n respekvolle aanbod eers gemaak word.

Tito Mboweni, minister van finansies, het in Februarie se begroting vir ’n verhoging van 2,1% aan staatsamptenare vanjaar begroot.

Hy het gesê dit is al wat die staat kan bekostig, en nie ’n sent meer sal bestee kan word nie.

Senzo Mchunu, minister van openbare dienste en administrasie, het sy hande vol met ’n duidelike opdrag van die tesourie dat die staat se geld op is.

Maar aan die ander kant dreig die vakbonde om die land tot stilstand te dwing met stakings as hulle nie goeie verhogings kry nie.

Mchunu kan ook nie toelaat dat dit gebeur nie.

Die minister bevind hom tussen dié twee botsende belange, maar hy het darem die ondersteuning van die bedingingsraad vir die staatsdiens, wat saam met hom in die onderhandeling is.

Maleka sê al het onderhandelinge Vrydag eers amptelik begin, mik die vakbonde om op dié een vergadering ’n oplossing te vind.

“Hulle het slaapplek, hulle sal deur die nag werk om by ’n oplossing te kom.”

Meer oor:  Staatsamptenare  |  Salarisse  |  Begroting2021  |  Begrotingsrede  |  Salaristwis  |  Begroting  |  Tesourie  |  Staatsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.