Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Selfs rekenaars voorspel swak syfers vir ekonomie

Wat gebeur as jy kunsmatige neurone inspan om jou te help voorspellings maak oor die land se ekonomie? Een navorser glo die mag van kunsmatige intelligensie kan beleggers ’n voorsprong gee.

kunsmatige intelligensie
Deur masjienleer in te span kan verskeie voorspellings oor die landsekonomie gemaak word. Foto: Unsplash

Kimoon Kim, datadirekteur van Teraflow, sê hy het deur middel van masjienleer ’n reeks korrelasies gevind wat Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers en inflasiekoers vir 2020 “vasgestel” het.

Sy voorspelling kom egter nie van jare se ekonomiese data en hul tendense nie.

Kim sê sy aanvanklike eksperiment het kunsmatige neurone probeer leer om verhoudings te vind in tien jaar se data oor die land se wisselkoerse, bruto binnelandse produk (BBP), inflasiekoers en rentekoerse. Dié tradisionele manier van voorspellings probeer maak, het egter misluk.

“Die uitkoms was dat daar toe geen korrelasies was wat sterk genoeg is om akkurate voorspellings te maak nie,” het Teraflow Maandag in ’n verklaring gesê.

Kim se vertroue in die vermoë van masjienleer om verhoudings tussen syfers en tendense te vind wat mense nie kan raaksien nie, het hom toe na ’n alternatief gelei.

Kim sê hy het korrelasies tussen hoogs onverwante gebeurtenisse en Suid-Afrikaanse ekonomiese aanwysers gevind wat nie geïgnoreer moet word nie.

’n Voorbeeld hiervan is dat Kim deur middel van masjienleer gevind het dat die getal mense wat jaarliks in die VSA weens kookwater-verwante beserings sterf ’n regstreekse korrelasie het met Suid-Afrika se inflasiekoers.

Teraflow erken darem dat dié soort korrelasie natuurlik geensins kousaal is met Suid-Afrika se ekonomiese aanwysers nie, maar hy glo die korrelasie kan steeds as ’n maatstaf gebruik word aangesien die korrelasie voortduur.

Kim se voorspelling vir 2020 is dus:

  • BBP-groei van 0,6%
  • Inflasie van 3,6%

Die eerste bepaling van hoe akkuraat Kim se masjienleer-programme was, sal wees wanneer Tito Mboweni, minister van finansies, die regering se verwagtinge van ekonomiese aanwysers Woensdag in sy begrotingsrede Woensdag bekend maak.

Kim sê hy is op hete kole om te sien “hoe akkuraat” hy was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.