Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Sny die staat se vet, nie sy personeel – Cosatu

Cosatu wil hê die regering moet verder sny aan die opgeblase staatsdiens, sê Tony Ehrenreich, voormalige provinsiale sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap.

Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu.Foto: Jan Gerber

Daar word steeds miljarde rande begroot vir spyseniering, eersteklas-vliegkaartjies vir parlementslede, byvoordele vir parlementslede se vroue, en die bou van hoofkantore vir staatsdepartemente, het Ehrenreich gesê in ’n openbare sitting in die parlement oor die pas afgelope begrotingsrede.

Ehrenreich, wat steeds werk vir Cosatu doen, meen egter die 35% wat die staat se salarisrekening van totale besteding uitmaak, is stabiel en in ooreenstemming met internasionale tendense.

Cosatu wil daarom nie hê daar moet afleggings in die staatsdiens wees nie. Die personeelgetalle daal reeds met 1% per jaar, terwyl bestuursposte toeneem. Om die aantal personeel te verminder, sal armoede verhoog, meen Ehrenreich.

Dit kom nadat Tito Mboweni, minister van finansies, verlede week in sy begrotingsrede gesê het staatsamptenare van 55 tot 59 jaar oud sal die kans gegee word om vroeg af te tree sonder om enige aftreevoordele te verloor. Die tesourie hoop dat sowat 30 000 staatsamptenare dié kans sal benut. Die staat het meer as 1,2 miljoen werknemers.

Die kabinet en die burgemeesterskomitees by munisipaliteite moet wel gesny word, en politici se byvoordele moet gesny word, reken hy.

Die topsalarisse van uitvoerende hoofde van staatsondernemings moet beperk word.

Cosatu steun die herstel in vermoë by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Cosatu meen daar was geleentheid in die begroting om maatskappybelasting te verhoog, asook persoonlike inkomstebelasting op individue wat meer as R1 miljoen per jaar verdien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.