Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Só gaan jy opdok vir ’n drankie of ’n dampie

Daar is geen plesiertjie sonder pyn nie – en as dit by die lekkerte van ’n drankie of ’n dampie kom, gaan jy vanjaar soos gewoonlik die eina aan jou sak voel.

Vanjaar se verhogings van sondebelasting is tussen 2,2 en 3,8 persentasiepunte méér as die inflasiekoers.

Die tesourie verhoog van 1 April die aksyns op alkohol en tabak met 7,4% vir wyn, bier, sider en sigarette en met 9% vir vonkelwyn, pyptabak en sigare. Die verhogings is tussen 2,2 en 3,8 persentasiepunte méér as die inflasiekoers.

Die stygings beteken jy betaal nou R1,74 belasting op ’n blikkie bier, R3,15 belasting per bottel wyn en R65,84 belasting per bottel brandewyn, whisky of wodka.

Hier is die belangrikste stygings – en ’n aanduiding van hoeveel belasting jy per blikkie bier, bottel wyn en pakkie sigarette betaal:

  • Bier: Styg met 7,4% tot R102,07 per liter absolute alkohol oftewel R1,74 per 340 ml-blikkie.
  • Wyn: Styg met 7,4% tot R4,20 per liter oftewel R3,15 per 750 ml-bottel.
  • Vonkelwyn: Styg met 9% tot R13,55 per liter oftewel R10,16 per 750 ml-bottel.
  • Spiritualieë: Styg met 7,4% tot R204,15 per liter absolute alkohol oftewel R65,84 per 750 ml-bottel.
  • Siders en alkoholiese vrugtedrankies: Styg met 7,4% tot R102,07 per liter absolute alkohol oftewel R1,74 per 340 ml-blikkie.
  • Sigarette: Styg met 7,4% tot R16,66 per 20 sigarette.
  • Pyptabak: Styg met 9% tot R5,39 per 25 g.
  • Sigare: Styg met 9% tot R89,72 per 23 g.
Meer oor:  Tito Mboweni  |  Drank  |  Begroting 2019  |  Sondebelasting  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.