Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Só gee provinsies hul geld uit

Die jongste syfers van die nasionale tesourie wys hoe provinsies tot dusver in hul boekjaar veel meer aan gesondheidsdienste moes bestee as ’n jaar gelede.

Die nasionale vergadering. Foto: Liza van Deventer

Die nege provinsies se totale gesondheidsbesteding was teen einde Desember – ná nege maande sedert die begin van die lopende boekjaar – op R174,2 miljard. Dit is 11,4% meer as wat in dieselfde drie kwartale van die vorige boekjaar bestee is soos wat provinsiale gesondheidsdepartemente hul dienste moes uitbrei te midde van die Covid-19-pandemie.

Salarisse

Provinsies het ook veel meer aan salarisse vir gesondheidswerkers bestee as in die vorige vergelykende tydperk. In al die provinsies saam en vir alle sektore is daar teen einde Desember al 73,9% of R293,7 miljard aan die aangepaste begroting vir salarisse bestee, maar dis duidelik uit die tesourie se inligting dat die besteding aan salarisse vir gesondheidswerkers skerper gestyg het as dié aan onderwysers.

k

Goedere en dienste

Die provinsies se besteding aan goedere en dienste in die gesondheidsektor het skerp gestyg tot meer as R56 miljard vergeleke met meer as R46 miljard ’n jaar gelede.

k

Kapitaalbates

Dis veral by die begroting vir kapitaalbates waar provinsiale gesondheidsdepartemente skerp meer bestee het. Die R9,9 miljard of 59,7% van hul kapitaalbegroting wat teen einde Desember bestee is aan gesondheidsbates, is ’n styging van ’n hele 55,9% vergeleke met ’n jaar gelede.

Dit is veral weens onder meer hospitale en klinieke wat toerusting soos ventilators vir die behandeling van Covid-19-pasiënte moes aanskaf.

k

Inkomste krimp

Die tesourie wys daarop dat provinsies se vermoë om hul eie inkomste in te vorder, deur die inperking geraak is, en die teiken vir eie inkomste-invordering is tot R18,5 miljard verlaag. Hiervan het provinsies teen einde Desember al R14 miljard of 76,2% van die mikpunt ingevorder.

Die tesourie verduidelik die provinsies se begrotings is aansienlik aangepas in die spesiale aanpassingsbegroting van Junie verlede jaar. Dit is verder aangepas met die mediumtermynbegroting in Oktober.

Die provinsies het teen einde Desember 72,1% van hul begroting van R661,4 miljard bestee, wat net 2,1% meer is as ’n jaar gelede. Die tesourie verduidelik die relatief lae besteding is weens die invloed van die inperking op sekere infrastruktuurprojekte wat afgestel of uitgestel is, en die aanpassings in begrotings om op die invloed van die pandemie te kon reageer.

Onderwys

Terwyl die gesondheidsbegroting vir provinsies skerp verhoog is, is die onderwysbegroting met R6,1 miljard afwaarts aangepas. Teen einde Desember het provinsies R194,8 miljard aan onderwys bestee – 0,7% minder as ’n jaar gelede.

Meer oor:  Nasionale Tesourie  |  Provinsies  |  Begroting  |  Besteding  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.