Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Só het staatskuld oor 10 jaar gestyg

Suid-Afrika se staatskuld is besig om die hoogte in te skiet, en op die vooraand van die begrotingsrede kyk Netwerk24 hoe sake oor die afgelope tien jaar agteruitgeboer het.

  

Tito Mboweni, minister van finansies, op die dag van sy mediumtermynbegrotingsrede op 30 Oktober 2019. Foto: Getty Images

Tito Mboweni, minister van finansies, lewer Woensdag sy tweede begrotingsrede – waarna as die belangrikste begroting van die demokratiese Suid-Afrika verwys word.

Dit wentel hoofsaaklik om die stand van die staatskas en hoe die staat teen ’n versnelde pas skuld aangaan om die al groter wordende begrotingstekort te probeer hanteer.

Sedert 2009 het die staatskuld met 318% toegeneem en in Desember op R3 156 miljard te staan gekom.

k

Die nominale bruto binnelandse produk (BBP) het in dieselfde periode met slegs 102% toegeneem, wat daartoe gelei het dat die skuld-tot-BBP-verhouding vir die eerste keer sedert die 90’s tot bo die kritieke 60%-vlak gestyg het.

Skuld-tot-BBP van bo 60% is nie ongewoon nie, maar word gewoonlik net in ontwikkelde lande gesien wat dit wel kan bekostig om sulke enorme skuld te diens.

Volgens Trading Economics se data het Suid-Afrika in Desember 2018 (toe hy nog onder die 60%-vlak was) die 22ste grootste skuld-tot-BBP-verhouding in Afrika gehad. Net 18 uit die 54 lande op die vasteland het toe hoër skuldvlakke gehad, maar nou klim Suid-Afrika al hoe hoër.

k

Die tesourie het in Augustus verlede jaar aangekondig dat hy die aantal staatseffekte wat hy uitreik, skerp verhoog omdat Jan Taks die sewende opeenvolgende jaar nie sy belastingteiken sou haal nie.

Die weeklikse teiken vir uitgereikte staatseffekte met vaste rentekoerse het toe met 37% van R3,3 miljard tot R4,5 miljard toeneem. Boonop het die uitreiking van staatseffekte wat aan inflasie gekoppel is, ook met 37% tot R760 miljoen per week gestyg.

In die gespartel om miljarde te leen het die regering ook rekordbedrae op die Europese effektemarkte begin leen waar hy gewoonlik hoofsaaklik skuld in rand-denominasies aangegaan het.

Die gemiddelde groeikoers van die staat se skuld sedert 2009 is 15,5%, maar sedert 2017 het die pas van lenings alreeds noemenswaardig begin toeneem.

Staatskuld het in 2019 weens die groei in staatsbesteding met 14,18% teenoor 2018 gestyg terwyl belastinginvordering nie daarmee pas kon hou nie.

Die Reserwebank, Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds verwag ook nou groei vir SA van slegs 0,4% in 2019 wanneer die finale syfers bekend gemaak word.

Moody’s Investors Service, die laaste groot kredietgradeerder om Suid-Afrika nog op beleggingsgraad te waardeer, verwag egter slegs 0,3%-groei in SA se BBP vir 2019.

A monitor displays Moodys Corp. signage on the flo
Moody's se hoofkantoor in New York. Foto: Getty Images

Moody’s se dreigende hersiening van Suid-Afrika se kredietgradering in Maart tot rommelstatus hang grootliks af van die land se vermoë om sy skuld te delg, maar die meeste ontleders verwag nou dat rommelstatus onafwendbaar is.

In Mboweni se mediumtermynbegrotingsraamwerk in Oktober het die tesourie erken dat die rente op die staat se skuld nou die derde grootste uitgawe op die begroting is.

’n Totaal van R769 miljard sal net aan rente bestee word oor die volgende drie jaar, het Mboweni gesê. Dit is meer as aan die polisie, weermag of die departement van ekonomiese ontwikkeling, en is ook die snelgroeiendste uitgawe van die staat.

Die tesourie verwag dus dat die skuld-tot-BBP-verhouding teen die 2028-boekjaar tot die rampspoedige vlak van 80,9% sal styg.

Volgens Trading Economics se ranglys was daar in Desember 2018 net 26 lande met skuld-tot-BBP van hoër as 80,9%, en die meeste van dié was midde ernstige finansiële onstuimigheid vasgevang.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Staatskuld  |  Rommelstatus  |  Begroting2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.