Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Só styg staat se toelaes aan armes, gestremdes

Mense wat op staatstoelaes oorleef, gaan ’n karige verhoging van tussen R20 en R80 in hul toelaes ontvang.

Die tesourie sê egter in die begrotingsoorsig die stygings is in pas met die – weliswaar laer – inflasiekoers wat tans heers. Die stygings beloop van 4,4% tot 4,7%.

So lyk die nuwe toelaes:

  • Staatspensioen: Die toelaes vir arm bejaardes styg met 4,4% of 4,5% oftewel R80. Vir mense van 60 tot 75 jaar oud beteken dit die toelae styg van R1 780 tot R1 860 en vir mense van ouer as 75 jaar styg dit van R1 800 tot R1 880.
  • Gestremdheidstoelae en sorgafhanklikheidstoelae: Die toelaes styg met 4,5% oftewel R80, van R1 780 tot R1 860.
  • Pleegsorgtoelae: Die toelae vir mense wat kinders in pleegsorg neem, styg met 4% oftewel R40, van R1 000 tot R1 040.
  • Kindertoelae: Dit styg met 4,7% oftewel R20, van R425 tot R445.
begroting2020, toelae

Die tesourie verwag dat die aantal mense wat van toelaes afhanklik is, tussen vanjaar en 2023 met 1 miljoen tot 19 miljoen mense sal styg.

Heelwat meer geld word toegewys om arm kinders toegang tot voorskoolse onderrig te gee. Vanjaar beloop dié toewysing R406,2 miljoen, in 2021 sal dit R517,3 miljoen en in 2022 R626 miljoen wees. Daardeur sal nagenoeg 700 000 kinders jonger as vier jaar toegang tot vroeëkinderontwikkeling kry.

Oor die volgende drie jaar word R15 miljoen toegewys om ’n nasionale raad teen gender-gegronde geweld en die moord op vroue deur lewensmaats op die been te bring.

Oor die volgende drie jaar gaan R651,9 miljoen daaraan bestee word om sanitêre doekies te voorsien aan meisies in die land se armste skole. Baie arm meisies bly uit die skool wanneer hulle menstrueer omdat hulle nie sanitêre produkte kan bekostig nie.

Meer oor:  Ekonomie  |  Belasting  |  Staatstoelaes  |  Begrotingsrede  |  Begroting2020  |  Taks  |  Pensioene
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.