Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Staatsdiens: Meer as ’n derde sê al ja vir 1,5%

Sowat 34% van staatsamptenare is bereid om die staat se aanbod vir ’n verhoging van 1,5% te aanvaar.

Dit lyk of meer staatsamptenare bereid is om die staat se loonaanbod te aanvaar. Foto: Getty Images

Vakbonde, wat tot dusver gedreig het met ’n staking in die staatsdiens, raak nou stiller daaroor namate baie lede begin aandui het dat hulle eintlik bereid is om die klein salarisverhoging te aanvaar.

Mugwena Maluleka, woordvoerder van alle Cosatu-geaffilieerde vakbonde, sê die vakbonde Sadtu, Naptosa en Hospersa het reeds aangedui dat hul lede bereid is om die loonaanbod te aanvaar.

Dié vakbonde verteenwoordig hoofsaaklik onderwysers en gesondheidsorgwerkers.

Op hul eie is hulle te klein om die meerderheid te bereik wat nodig is om die loondispuut amptelik te beëindig.

Maluleka sê die groot vakbonde soos Denosa, Nehawu en die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) sal nodig wees om die meerderheidstem te bereik.

Nehawu het egter reeds ’n dispuut verklaar nadat hy ’n peiling onder sy lede gedoen het.

Denosa is nog besig met ’n peiling vir ’n mandaat oor die aanbod, en sal eersdaags klaar wees.

Die VSA, wat meer as 230 000 staatsamptenare verteenwoordig, kan op sy eie die meerderheidstem handhaaf indien sy lede ten gunste daarvan stem.

Reuben Maleka, woordvoerder van die VSA, sê die vakbond sal teen Dinsdagaand sy lede klaar gevra het vir ’n mandaat. Dit volg op peiling waar hy reeds bepaal het sy lede is bereid om te staak.

Maleka sê egter indien sy lede nou aandui hulle is bereid om die staat se finale aanbod te aanvaar, sal die staking opgeskort word.

Maluleka verduidelik dat daar nou ’n 21 dae lange proses is waarin die vakbonde ’n mandaat van hul lede oor die aanbod moet kry.

Enige vakbond wat ’n dispuut verklaar, soos Nehawu, sal nou ’n proses van 30 dae met die staat begin in ’n poging om versoening te bereik.

Indien daar nie tot ’n vergelyk gekom kan word nie, sal die vakbonde ’n sertifikaat van nie-resolusie ontvang, wat die weg baan vir ’n staking.

Meer oor:  Staatsamptenare  |  Salarisse  |  Begroting2021  |  Begrotingsrede  |  Begroting  |  Tesourie  |  Staatsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.