Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Suikerbedryf slaak sug van verligting, maar...
Die Sezela-suikermeule in KwaZulu-Natal wat deur Illovo bedryf word. Foto: Getty Images

Die onveranderde suikerbelasting wat Woensdag in die begrotingsrede aangekondig is, beteken duisende werknemers kan dalk nog hul werk behou, maar miljoene ander se lewensmiddele is steeds in gevaar solank dié taks nog bestaan.

So glo die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging (SACGA) wat Donderdag in ’n verklaring opnuut ’n beroep op die regering doen om die suikerbelasting te skrap.

SACGA sê hy verwelkom nietemin die aankondiging van Tito Mboweni, minister van finansies, dat die suikerbelasting darem nie in die 2020-’21-boekjaar sal styg nie.

Die Healthy Living Alliance (Heala) het egter vroeër ’n beroep op die regering gedoen dat die suikerbelasting eerder skerp verhoog moet word en ook uitgebrei moet word na ander produkte.

“Hoewel ons bly is dat die regering nie toegegee het aan roekelose oproepe deur drukgroepe soos Heala om die suikerbelasting verder te verhoog nie, hou die belasting steeds ’n ernstige risiko vir werkgeleenthede in die bedryf in.”

Die vereniging sê die belasting het die suikerbedryf sedert April 2018 nagenoeg R1,5 miljard gekos en 9 000 werknemers het in die eerste jaar hul werk verloor. Dié syfer, glo hy, is egter nog aan die styg.

’n Miljoen mense se voortbestaan is regstreeks aan die suikerbedryf gekoppel, sê SACGA.

Hy dink ook dat suikerbelasting – oftewel die gesondheidsbevorderingsheffing – nie ’n wesenlike verskil aan die gesondheid van die bevolking maak nie en sê daar is eintlik “geen bewyse” dat dit tot beter gesondheid bydra nie.

Meer oor:  Aksyns  |  Sondebelasting  |  Begroting2020  |  Suikerbelasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.