Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Suikertaks onveranderd

Die suikerbedryf se pleidooi dat die suikerbelasting opgeskort word, het op dowe ore geval – maar die belasting is ten minste onveranderd gelaat.

suiker
Die suikerbelasting – waarvan die amptelike naam die gesondheidsbevorderingsheffing is – is ingestel met die doelwit om diabetes, vetsug en ander leefstylsiektes te bestry. Foto: Unsplash

Dit kan ’n mate van verligting bied vir die suikerbedryf, wat ’n krisis beleef weens die driedubbele slag van dié belasting, goedkoop ingevoerde suiker en ’n wêreldwye daling in suikerpryse.

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging (SACGA) het vroeër die week gesê minstens 9 000 mense in die suikerbedryf het hul werk verloor in die eerste jaar sedert die suikerbelasting in April 2018 in werking gestel is. Nog werkverliese word verwag.

Ismail Momoniat, adjunk-direkteur-generaal van die tesourie, het Woensdag op die nuuskonferensie voor Tito Mboweni, minister van finansies, se begrotingsrede gesê daar is tekens dat die inkomste uit suikerbelasting begin daal. Dit beteken volgens hom dat dit wel die gewenste uitwerking gehad het op Suid-Afrikaners se inname van suiker.

Die suikerbelasting – waarvan die amptelike naam die gesondheidsbevorderingsheffing is – is ingestel met die doelwit om diabetes, vetsug en ander leefstylsiektes te bestry.

Ondanks verwagtinge dat Mboweni dié belasting met meer as die inflasiekoers sou verhoog, is dit onveranderd gelaat op 2,21c per gram per 100 ml-koeldrank. Die eerste 4 g suiker per 100 ml koeldrank is vrygestel van dié belasting.

Verlede jaar is dit met 5,2% verhoog.

Die staat se inkomste uit belasting op suikerversoete koeldranke in 2018-’19 was R3,25 miljard, volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se belastingstatistieke. Dit is R1,32 miljard meer as wat die regering verwag het hy sou uit suikerbelasting verdien.

Die Healthy Living Alliance (Heala) het vroeër versoek dat die suikerbelasting skerp verhoog word en ook na ander produkte uitgebrei word.

Momoniat sê die gesprekke oor uitbreiding duur voort, maar die suikerbelasting is net een manier om gedrag te beïnvloed. Die departement van gesondheid het ook ander inisiatiewe om mense van die gevare van te veel suiker bewus te maak.

Meer oor:  Tesourie  |  Tito Mboweni  |  Suikertaks  |  Begroting2020  |  Suikerbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.