Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Tekort in staat se begroting kleiner as verwag

Die begrotingstekort in die hoofbegroting vir die afgelope boekjaar van 11,2% is kleiner as wat die regering verwag het.

Tito Mboweni, minister van finansies.

Die nasionale tesourie het in reaksie op vrae gesê die land het ’n tekort van R551,9 miljard of 11,2% van die BBP in die boekjaar tot einde Maart getoon.

Dit is vergeleke met die hersiene beraamde begrotingstekort van 12,3% van die BBP wat Tito Mboweni, minister van finansies, in Februarie met die nasionale begroting voorspel het.

Die kleiner tekort volg nadat die besteding in die boekjaar R16,2 miljard minder was as wat in Februarie verwag is. Terselfdertyd het die inkomste wat deur die belastinggaarder ingesamel is vir die eerste keer in vyf jaar verwagtinge oortref.

Dit het verseker dat die tesourie Maandag met sy weeklikse veiling van staatseffekte in die skuldmark R900 miljoen minder aangebied het.

Die tesourie het in Februarie gesê om ’n begrotingsoorskot in die hoofbegroting te bereik is sy belangrikste fiskale anker. ’n Positiewe begrotingsbalans van 0,1% van die BBP is vir die boekjaar tot einde Maart 2025 voorspel. Dit sal die staat help om die skuldverhouding op 88,9% van die BBP in die komende jaar te stabiliseer.

Die beter as verwagte uitkoms vir die afgelope boekjaar beteken die tekort op die gekonsolideerde begroting, wat die totale besteding deur die provinsies, maatskaplike versekeringsfondse en sekere openbare entiteite insluit, kan ook minder as die tesourie se voorspelling van 14% van die BBP wees. – Bloomberg

Meer oor:  Begrotingstekort  |  Btw  |  Inkomstebelasting  |  Begroting2021  |  Belasting  |  Begrotingsrede  |  Begroting  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.