Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Tesourie slaan vure dood oor sy optimisme
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA FEBRUARY 20: (SOUTH AFRIC
Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Gallo Images/Brenton Geach

Die nasionale tesourie het Vrydag die geloofwaardigheid van sy ekonomiese vooruitskattings verdedig, asook sy fiskale standpunt en sy besluite oor belastingverhogings.

Duncan Pieterse, waarnemende adjunk-direkteur-generaal van ekonomiese beleid by die tesourie, het aan ’n gesamentlike sitting van die staande komitee oor finansies van die Nasionale Vergadering en die gekose komitee oor finansies van die Nasionale Raad van Provinsies gesê ’n geloofwaardige vooruitskatting is gebalanseerd, nie ooroptimisties of te konserwatief nie.

Pieterse gee toe ’n optimistiese vooruitskatting kan probleme skep, want die regering beplan vir groter besteding, maar as die groei teleurstel, is die inkomste swakker as verwag. Die regering moet dan belasting of lenings verhoog om sy beloftes oor besteding na te kom.

Aan die ander kant kan ’n te konserwatiewe vooruitskatting beteken die regering beplan vir swakker groei, en dus laer toekennings vir besteding of onnodig hoë belasting. Die laer toekennings kan dienslewering raak en te hoë belasting kan ekonomiese aktiwiteit knou. As die regering te konserwatief is oor verwagte groei, kan dit ook sakevertroue verlaag.

Volgens Pieterse is die tesourie se vooruitskattings gebalanseerd, nie te optimisties nie maar ook nie te konserwatief vergeleke met ander vooruitskattings nie.

Onafhanklike studies word voortdurend gedoen oor die tesourie se vooruitskattings, en van dié studies het al bewys die tesourie s’n is gewoonlik op koers of beter as die algemene markprojeksies.

Pieterse het die tesourie se vooruitskattings binne ’n spesifieke jaar asook vir ’n jaar vooruit vergelyk met dié van Reuters se konsensusmenings, die Reserwebank s’n, die Buro vir Ekonomiese Ondersoek s’n, asook met deelnemers aan Sake se Ekonoom van die Jaar-kompetisie se vooruitskattings.

Die tesourie se vooruitskattings is êrens in die middel. Pieterse het daarop gewys dat die meeste voorspellers in die afgelope paar jaar te optimisties was weens verskeie onverwagse skokke soos Eskom se beurtkragprobleme.

Onafhanklike studies word voortdurend gedoen oor die tesourie se vooruitskattings, en van dié studies het al bewys die tesourie s’n is gewoonlik op koers of beter as die algemene markprojeksies.

bbp

Pieterse het verwys na ’n onlangse studie van prof. Jannie Rossouw en sy kollegas van Wits se skool vir sakewetenskappe wat tot die slotsom gekom het dat nie een entiteit eenparig akkuraat was in die makro-ekonomiese vooruitskattings van 2001 tot 2017 nie. Hulle het die tesourie en die Reserwebank se vooruitskattings vergelyk met dié van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek en die konsensusvooruitskatting van deelnemers aan Sake se Ekonoom van die Jaar-kompetisie.

Die tesourie se jongste vooruitskatting is dat as Moody’s Suid-Afrika tot rommelstatus afgradeer, sal die ekonomie vanjaar in ’n resessie beweeg en sal ekonomiese groei met meer as 1% krimp, en eers teen 2021 weer teen meer as 1% groei.

bbp

In ’n positiewer scenario word groei van meer as 2% vanjaar verwag en meer as 2,5% teen 2020 en 2021. Die basislyn is egter groei van 1,5% vanjaar en 2% volgende jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.