Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Tito: Ekonomie moet groei om staatskas te help
Tito
Tito Mboweni, minister van finansie, voor sy begrotingsrede Woensdag. Foto: Adrian de Kock

Ongeag probleme by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beteken Suid-Afrika se baie trae ekonomiese groei onafwendbaar laer staatsinkomste, het Tito Mboweni, minister van finansies, Donderdag gesê.

Die ander konteks waarbinne die begroting gelewer is, is die land se groeiende bevolking, wat beteken daar is ook groeiende druk op dienslewering deur die staat, het hy op ’n gesamentlike vergadering van die parlement se finansiële komitees gesê.

Daarby slurp die rente op skuld al 15,2% van die begroting se inkomste op, en die oplopende skuldlas is “kommerwekkend”.

Daarom is die R160,2 miljard se verlaging in die staat se salarisrekening nodig. “Hoe minder hieroor gesê word, hoe beter, anders het dit onbedoelde gevolge,” het Mboweni gesê.

Volgens hom is Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie, aan die stuur van onderhandelinge met die vakbonde hieroor.

LEES OOK: Staatsdiens met 10 000 verklein?

Mboweni het dit betreur dat sekere besluite van die regering impliseer dat die geld êrens vandaan moet kom, soos geld wat van die Passasierspooragentskap na die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap geskuif word, “wat vir my ’n probleem is”.

Mboweni het herhaal wat hy in Oktober met die mediumtermynbegroting gesê het oor vermorsing en korrupsie in die staatsdiens wat gestaak moet word, asook die groeiende aantal duur hofsake teen die staat.

“In Mthatha loop hulle van deur tot deur om regsmediese hofsake teen die regering en die polisie aanhangig te maak. Dit het ’n hele besigheid op sy eie geword.”

Ian Stuart, adjunkdirekteur-generaal van die tesourie se begrotingskantoor, het gesê dis duidelik uit die afgelope begroting dat die staat se skuld-tot-BBP-verhouding nie stabiliseer nie, en dit sal strukturele ingryping, vinniger groei en die hervorming van staatsondernemings vereis.

Die begroting het oor tyd weggeskuif van kapitaalbesteding na verbruiksbesteding, en die poging om die salarisrekening te verklein, is deel van die proses om dit reg te stel, het Stuart gesê.

Mboweni is besorg dat net R15 miljard oor die volgende drie jaar vir die gebeurlikheidsfonds opsy gesit word, want in die lig van natuurrampe in Suider-Afrika is Suid-Afrika die eerste land wat gebel word om te kom help. Die koste van die helikopters en ander noodhulp wat gebruik word in sulke gevalle moet van die gebeurlikheidsfonds kom, want daar is nie normaalweg daarvoor begroot nie.

Dit is ’n te klein bedrag vir ’n land soos Suid-Afrika, meen Mboweni.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Ekonomie  |  Btw  |  Belasting  |  Begrotingsrede  |  Begroting2020  |  Taks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.