Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Tito hoop Moody's ‘verstaan’ waarmee SA worstel
Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Adrian de Kock

Die risiko dat die internasionale kredietgraderingsagentskap Moody’s Suid-Afrika gaan afgradeer, het toegeneem sedert die begrotingsrede van vroeër vanjaar.

In die beleidsverklaring oor die mediumtermynbegroting van Woensdag is gesê die risiko vir ’n afgradering het toegeneem omdat die swak ekonomiese groei voortduur, ook weens die hoë staatskuld. Dit word ook vererger aan die groot steun wat aan sukkelende staatsondernemings gegee word.

Tito Mboweni, minister van finansies, is op ’n mediakonferensie voor sy toespraak Woensdag gevra hoe seker hy is Suid-Afrika gaan sy beleggingsgradering behou, gegewe die skok wat die syfers in die beleidsverklaring aan die mark gaan gee ten opsigte van die skuld-tot-BBP-verhouding en die begrotingstekort.

Mboweni het gesê die ideaal sou wees om oor die komende drie jaar besteding met R240 miljard te besnoei pleks van die R150 miljard wat aangekondig is.

Dit sou verseker dat die verhouding van staatskuld tot BBP aan die einde van die drie jaar op 64% sal staan.

“Ek dink die graderingsagentskap sal die probleme verstaan waarmee ons sit en die stappe verstaan om die land se finansies op die regte pad te kry.”

mtbr

Lesetja Kganyago, hoof van die Reserwebank, het op die mediakonferensie gesê die besluit oor die gradering van die staatskuld is in die hande van die beleidmakers.

“Ons moenie hier sit en wag vir Kersvader met die gradering nie. Die graderingsproses is die gevolg van ’n ontleding van die beleidsbesluite van die regering. Die graderingsagentskap ontleed dit of ’n land, gegrond op die beleidsbesluite wat aanvaar is, in staat gaan wees om sy skuld terug te betaal.”

“Gegrond daarop word besluit of daar ’n groot waarskynlikheid is dat die skuld terugbetaal gaan word, of nie, en jy kry dan ’n goeie of slegte kredietgradering.”

Hy sê as die land se skuld na rommel afgradeer word, gaan kapitaal die land uitvloei omdat die land se staatskuld uit die indekse gaan val vir staatseffekte met ’n beleggingsgradering.

Volgens Kganyago kan dit wel nuwe beleggers inbring wat in staatskuld belê wat op rommelvlak is.

“Dit gaan egter die land aan die risiko van meer wisselvalligheid blootstel.”

Die rand gaan verswak en dit gaan die opbrengskoers op staatseffekte verhoog. As dit styg, gaan die koste om die staatskuld te diens, verhoog.

“Dit gaan beteken die tesourie het minder geld om aan dienslewering te bestee.”

Meer oor:  Moody's  |  Tito Mboweni  |  Staatskuld  |  Staatsbegroting  |  Minister Van Finansies  |  Mtbr2019  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.