Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Tito kry nié sy sin, MTBR wel op 30 Oktober
Tito Mboweni, minister van finansies.Foto: Adrian de Kock

Tito Mboweni, minister van finansies, wou dalk sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) op Dinsdag 29 Oktober aan die parlement wil voorlê, maar die tesourie hou voet by stuk oor 30 Oktober.

Die tesourie sê Maandagaand in ’n verklaring almal wat die voorlegging moet bywoon, sal op dié dag beskikbaar wees.

Dit volg nadat Mboweni Donderdag op ’n gesprek met ekonome by die Reserwebank in Pretoria gesê het die datum van die MTBR gaan waarskynlik skuif weens die beskikbaarheid van pres. Cyril Ramaphosa.

“Ons sal later vandag die datum aan almal stuur,” het hy toe gesê, ’n belofte wat nié gestand gedoen is nie.

Daar was vanjaar heelwat onsekerheid oor presies wanneer Mboweni Suid-Afrika gaan inlig oor die stand van die land se finansies, asook wat die planne met Eskom is.

Oorspronklik was daar sprake dat die MTBR op 23 Oktober gelewer sou word. Mboweni het later bevestig dat dit op 30 Oktober gelewer sal word, ook juis omdat Ramaphosa nie in die land sou wees op 23 Oktober nie. Daarna het hy begin praat oor 29 Oktober.

Die MTBR is die driejaarplan met die regering se geldsake en wat Mboweni op dié dag sê, kan deurslaggewend wees vir die land se kredietgradering, waarvoor Moody’s Investors Service op 1 November besluit.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Mtbr2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.