Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Tito sê hy is bereid om langer te ‘dien’

’n Mens weet nooit presies met Tito Mboweni nie, maar dit blyk die minister van finansies is tog bereid om langer aan te bly in die regering ná die verkiesing in Mei.

tito mboweni
Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag in die parlement. Foto: Jaco Marais

Mboweni, wat verlede jaar voordat hy deur pres. Cyril Ramaphosa as nuwe minister van finansies aangestel is, nog op rekord was dat hy hom nie weer in die staatsdiens wil begewe nie, het by die mediakonferensie voor sy begrotingsrede Woensdag aangedui hy is wel bereid om nog langer as minister te dien.

Op ’n vraag oor sy toekoms ná die verkiesing het Mboweni spottenderwys geantwoord hy het ’n ooreenkoms met adjunkpres. David Mabuza aangegaan en hom belowe hy sal hom nie sommer so gou los nie. “Dit hang natuurlik af wie wen die verkiesing,” het hy tong-in-die-kies gesê.

Dit kom ná vroeëre berigte dat Mboweni aangedui het hy wil nie ná die verkiesing weer as minister dien nie.

Lees ook: Tito Mboweni se dae in kabinet dalk getel

Mboweni het van 1999 tot 2009 as president van die Reserwebank gedien, nadat hy onder oudpres. Nelson Mandela die eerste minister van arbeid in die demokratiese regering was.

Ná 2009 het hy die private sektor betree, onder andere as nie-uitvoerende direkteur van Discovery en PPC.

Mboweni het Woensdag kort-kort verwys na sy ervarings in die private sektor om te verduidelik hoe die regering sal moet aanpas by moderne tye, soos om minder papier te gebruik en uit die denke van die Sowjetunie weg te breek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.