Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Tesourie bevestig MTBR is op 30 Oktober

Tito Mboweni, minister van finansies, sal op 30 Oktober sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement lewer.

Die nasionale tesourie het Donderdagaand in 'n verklaring bevestig dit is die datum vir die MTBR omdat sowel Mboweni as pres. Cyril Ramaphosa op 23 Oktober, die aanvanklike datum vir die lewering van die MTBR, internasionale afsprake het.

Business Day het aanvanklik Donderdagoggend berig verskeie bronne, insluitende Joe Maswanganyi, voorsitter van die parlement se staande komitee oor finansies, het laat blyk die MTBR gaan met 'n week uitgestel word.

Tito Mboweni, minister van finansies.Foto: Adrian de Kock

Luidens die dagblad sou Mboweni die MTBR op 23 Oktober lewer. Daar is egter besluit om dit eerder op 30 Oktober te hou sodat pres. Cyril Ramaphosa die geleentheid kan bywoon. Ramaphosa gaan ’n Afrika-Rusland-beraad in Sotsji, Rusland, bywoon.Die MTBR is die staat se driejaar- finansiële plan. Op dieselfde dag word tussentydse aansuiwerings aan die lopende boekjaar se begroting ook gedoen.

Alle oë sal op Mboweni wees wanneer hy dié rede lewer.

Die kredietgradeerder Moody’ Investors Services het vroeër in September gesê hy wil in dié rede veral hoor wat die staat se plan met Eskom en sy skuld is.

Lucie Villa, ’n visepresident en senior kredietbeampte van Moody’s, sê hulle wil ’n “geloofwaardige begroting” sien wanneer Mboweni sy MTBR lewer en ook weer in Februarie se 2020-begroting.

Eskom se skuldlas van sowat R450 miljard, waarvan die staat ’n groot deel waarborg, is volgens Moody’s kredietnegatief.

Moody’s besluit op 1 November oor Suid-Afrika se kredietgradering, maar Villa het gesê dit sal uiters ongewoon wees as die land afgegradeer word terwyl die vooruitsig stabiel is. Die vooruitsig sal dalk in negatief verander word, wat ’n ernstige waarskuwing vir ’n afgradering is.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Cyril Rama­Phosa  |  Mtbr2019  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.