Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Valke, verdediging kry finansiële hupstoot
’n Atlas Oryx-helikopter, wat deur Denel vervaardig word. Foto: Denel

Die Valke kry ’n hupstoot sodat hulle hul kloue nog dieper in die plegers van korrupsie en ander ernstige misdade kan slaan.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag in die begroting bekend gemaak dat sowat R985 miljoen aan die Valke herprioritiseer sal word.

Dit is hoofsaaklik om bykomende ondersoekers aan te stel om veral op die enorme agterstand in die ondersoek van korrupsiesake te fokus.

Mboweni het gesê die geld om die geïntegreerde strategie vir die strafregstelsel, waarvan die bykomende geld vir die Valke deel is, in werking te stel, word hoofsaaklik uit die polisie se bestaande begroting herprioritiseer.

“Die departement van justisie sal R1,8 miljard hiervan kry om veral die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se vermoë uit te brei.

“Dit sluit die eenheid vir seksuele oortredings en gemeenskapsake in wat gestig is om geslagsgeweld teen vroue en geweld teen kinders te bestry.

“Hierdie geld sal ook aangewend word vir die bedrywighede van die nuwe Ondersoekende Direktoraat van die NVG, sowel as om verskeie teenkorrupsie-eenhede te versterk en om vyf bykomende gespesialiseerde handelsmisdaadhowe te stig om te verseker dat daar een in elke provinsie is.”

R831 miljoen word ook van die polisie af herprioritiseer na die departemente van verdediging en van binnelandse sake. “Hierdie toekenning sal betaal vir toerusting en tegnologie om die weermag in staat te stel om sy bewaking van die landsgrense uit te brei.

“Dit sal ook die departement van binnelandse sake in staat stel om profiele van reisigers op te stel voordat hulle by ingangspunte aankom om sodoende die veiligheidsrisiko te minimaliseer,” het Mboweni gesê.

Meer oor:  Ekonomie  |  Korrupsie  |  Belasting  |  Begrotingsrede  |  Begroting2020  |  Verdediging  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.