Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Verlaag jou skuld met taks-meevaller

Dit wat afwesig was in die begroting is die beste en grootste nuus, juig belastingkenners.

belasting
Belasting kenners juig oor die jongste begroting.

Doelie Lessing, belastingspesialis by die regsfirma Werksmans, waarsku egter die tesourie oorweeg steeds later ’n welvaartbelasting en dat daar steeds geluide is dat BTW een of ander tyd in die toekoms weer verhoog sal word. Volgens haar is Suid-Afrika se BTW-koers van 15% steeds laag vergeleke met ander lande s’n.

Ester Ochse, produkhoof van geldbestuur by FNB, sê verbruikers behoort die belastingverligting te benut om hul persoonlike skuld te verlaag.

Ochse sê die minimum ekstra geld wat ’n belastingbetaler in sy sak sal hê, is R700 per jaar. Daardie geld moet eerder gebruik word om skuld af te betaal, of dit andersins te spaar.

Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff-eiendomsgroep, meen wel die feit dat hereregte onveranderd gelaat is, is ’n verlore geleentheid. As daar hier verligting was, kon dit meer verkope in die eiendomsbedryf aangewakker het en gevolglik groter inkomste vir die staatskas uit hereregte.

Seeff wys daarop dat hoewel kapitaalwinsbelasting en BTW onveranderd gelaat is, verbruikers steeds die verhoging in die brandstofheffing sal moet absorbeer, tesame met Eskom se onlangse aankondiging van ’n verhoging van 15,63% in kragtariewe. Dit sal wegvreet aan huishoudelike begrotings en van die besparings uit persoonlike belasting wegkalwe.

Dr. Albertus Marais, direkteur van AJM Tax, sê dis duidelik dat die tesourie besef het belastingverhogings kan nie hoër belastinginkomste verseker nie. ’n Styging in belastings sal in die huidige oorbelaste omgewing in Suid-Afrika uiteindelik tot laer belastinginkomste op medium- tot lang termyn lei.

Marais merk op die tesourie begin ’n meer genuanseerde en gefokusde benadering volg om belastinginkomste te verbeter, soos die hersiening van bestaande ondoeltreffende belastingaansporings en die toemaak van skuiwergate vir belastingvermyding.

Meer oor:  Skuld  |  Begroting2021  |  Belasting  |  Begrotingsrede  |  Taks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.