Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting 2018
Vertroulikheid by Jan Taks word heroorweeg
Ismail Momoniat, adjunk-direkteur-generaal van finansiële beleid van die nasionale tesourie.

Die tekort in belastinginkomste kan nie net voor die deur van die swak ekonomie gelê word nie.

Dit is ook deels toe te skryf aan probleme in die administrasie en bestuur van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Ismail Momoniat, adjunk-direkteur-generaal van finansies, Vrydag gesê.

Hy het die parlement se gesamentlike komitees oor finansies oor die begroting voorgelig.

Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies, het verlede Woensdag in sy begrotingsrede gesê die belastingtekort gaan na verwagting R48,2 miljard wees.

Momoniat sê die administratiewe probleme is die rede waarom pres. Cyril Ramaphosa ’n kommissie van ondersoek aangestel het.

Hy het ook verwys na Gigaba se toespraak.

“Daar is ’n belangrike paragraaf daarin oor die aanspreeklikheidsmeganisme by die SAID wat reggestel moet word.”

Dit is om te keer dat SAID-amptenare agter vertroulikheid skuil.

Momoniat sê as “almal sleg is” by ’n instelling is dit moeilik om te keer dat slegte dinge gebeur of om dit te onthul.

“Mense skuil agter vertroulikheid. Die regering moet vertroulikheid heroorweeg. Vertroulikheid moenie ’n verskoning wees om nie aanspreeklik gehou te word nie.”

Hy het na die toename in korrupsie die afgelope jare verwys en dat die gebrek aan optrede deur die regering maak dat mense nie belasting wil betaal nie. Die publiek is gekant teen belastingverhogings as hulle nie sien dat die regering korrupsie bekamp nie.

Hy sê beleggers word ook afgeskrik omdat min gedoen is aan die korrupsie by staatsmaatskappye soos Eskom. Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.