Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Wat is jou ‘tips’ vir Tito?

As jy die staat se begroting moes opstel, wat sou jy as belangrik beskou?

sigare
Tito Mboweni, minister van finansies, hou glo van whisky en sigare. Foto: Pixabay

Elke jaar voor die begrotingsrede vra Tito Mboweni, minister van finansies, op Twitter en op die tesourie se webwerf, www.treasury.gov.za, dat Suid-Afrikaners “Tips for Tito” instuur.

Ekonome, sakekamers, landbou-organisasies en beroepsliggame vir belastingpraktisyns is natuurlik altyd vinnig uit die wegspringblokke om kommentaar te lewer. En ja, dis alles sinvolle wenke – van waarskuwings oor staatskuld tot pleidooie dat belasting nie verhoog word nie omdat Suid-Afrikaners dit net nie meer kan bekostig nie.

Maar wat sou jy as gewone Suid-Afrikaner vir Tito wou sê as jy rustig oor ’n koppie koffie of dalk ’n enkelmoutwhisky (waarvan die minister glo baie hou) met hom kon gesels?

Wat is jou finansiële bekommernisse met betrekking tot die begroting? Hoe wil jy hê die regering moet sy geldsake anders bestuur om jou as burger beter te dien?

Lewer hieronder kommentaar as jy op ons webblad kommentaar kan lewer of stuur gerus ’n e-pos na hanlie.stadler@24.com. Skryf “Tips vir Tito” in die onderwerpveld en hou dit asseblief korter as 100 woorde.

Kom ons gee vir Tito ’n blik op wat Suid-Afrikaners regtig wil hoor!

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Btw  |  Inkomstebelasting  |  Begroting2021  |  Belasting  |  Begrotingsrede  |  Begroting  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.