Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Wynbedryf is bly staat luister oor wyn, brandewyn
landbou
’n Verdere R500 miljoen sal op mediumtermyn toegeken word om die proses vir die herstel van grondregte te versnel.

Die laer verhoging in aksyns teenoor vorige jare wys die regering het begrip vir die situasie in die wynbedryf, sê die wynbedryfsliggaam Vinpro.

Tito Mboweni, minister van finansies, het aksynsverhogings van 4,4% op wyn, 6% op vonkelwyn en 4,4% op brandewyn aangekondig.

“Die wynbedryf moes die afgelope paar jaar stygings van hoër as inflasie in aksynsbelasting absorbeer ondanks die feit dat die teikens wat die tesourie in 2012 vir aksynsbelasting gestel het, reeds behaal is,” sê Rico Basson, bestuurshoof van Vinpro, in ’n verklaring.

“Die inflasionêre verhogings wat aangekondig is, toon die begrip van die regering vir sekere van die uitdagings waarmee die wynbedryf worstel. Ons stem is gehoor.”

Hoewel die gemiddelde wyndruifprodusent se finansies beter daar uitsien ná ’n lang afwaartse siklus, boer bykans ’n derde steeds teen ’n verlies – terwyl die regering meer uit die wynbedryf verdien as produsente self.

In 2018 het wynprodusente R6,2 miljard verdien teenoor R7,4 miljard wat die regering deur belasting op toegevoegde waarde (BTW) en aksynsbelasting op plaaslike wynverkope ontvang het.

Met ’n krimpende brandewynmark sou stygings van bo inflasie ernstige druk op hierdie kategorie geplaas het, sê Basson.

Jammer oor vonkelwyn

Aksynsbelasting op vonkelwyn het oor die jare vinniger as dié van gewone wyn toegeneem, en daarom sou die bedryf ook wou sien dat hierdie verhoging in pas met inflasie is, sê Basson.

Die wynbedryf is Suid-Afrika se tweede grootste uitvoerder van landbouprodukte en die waardeketting verskaf werk aan sowat 300 000 mense.

“Om voort te kan gaan om volhoubaar tot die ekonomie en werkskepping by te dra, moet die regering ons hand vat,” sê Basson.

Die bedryf soek ondersteuning van die regering om marktoegang te ontsluit deur middel van voorkeurhandelsooreenkomste.

Die bedryf doen ook ’n beroep op die regering om aandag te gee aan infrastruktuurontwikkeling, landelike veiligheid en verantwoordelike beleidsformulering oor grondhervorming.

Hoewel die bedryf reeds vordering met transformasie en maatskaplike programme toon, is vennootskappe en finansiering nodig om dit uit te bou.

Bystand vir produsente in droogtegeteisterde streke is ook nou broodnodig.

“Die wynbedryf is dankbaar vir die oop deur wat ons na die Wes-Kaapse regering het, maar wil graag ook nouer met die regering op nasionale vlak saamwerk om ook hier begrip vir uitdagings te bewerkstellig en saam werkbare oplossings te vind,” sê Basson.

Meer oor:  Vinpro  |  Brandewyn  |  Wyn  |  Wynbedryf  |  Belasting  |  Begroting  |  Begroting2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.