Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
E-ONDERRIG-BEDRYF
E-leer bring opleiding tot in die werkplek
Anton Cabral

In Amerika word bereken dat die e-onderrig-bedryf daar nou al $6 miljard werd is en ’n geraamde 77% van sy maatskappye gebruik aanlyn opleiding om personeel te ontwikkel en selfs te behou.

Wanneer werknemers betrokke is en aktief groei, is hulle meer toegewyd, sê Anton Cabral, uitvoerende bestuurder van die prestasie-agentskap LRMG.

“In Suid-Afrika, waar ’n geraamde 50% van die toppresteerders in ’n maatskappy gedurig voelers uitsteek na nuwe werkgeleenthede en hoogs vaardige aansoekers soms skaars is, is dit ’n slim skuif om die vaardighede van werknemers met potensiaal te verbeter,” sê Cabral.

Hoewel e-leer ’n breë konsep is wat op verskeie maniere omskryf kan word, behels dit onder meer ’n omgewing waar elektroniese hulpmiddels – hardeware, sagteware, elektroniese vakinhoud en die internet – gebruik word om leer te laat plaasvind.

Die grondliggende beginsel is dat e-leer jou leerling se hande en oë moet besig hou sodat sy verstand betrokke bly en die inligting neerslag vind.
Anton Cabral van LRMG

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.