Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
1 000 voertuie van Oos-Kaapse regering opgeveil
Van die voertuie wat die Oos-Kaapse departement van vervoer wil verkoop. Foto: Verskaf

Meer as 1 000 voertuie wat aan die Oos-Kaapse departement van vervoer behoort, gaan binnekort opgeveil word.

Die afslaer GoIndustry DoveBid, sê Dinsdag in ’n verklaring hy gaan die voertuie verkoop op vyf veilings wat oor die volgende twee maande gehou sal word.

Hy sê die voertuie bestaan uit passasiersvoertuie, busse, ambulanse en bakkies.

John Cowing, besturende direkteur van GoIndsutry DoveBid sê dié maatskappy het reeds baie ervaring om groot vlote te verkoop.

Die maatskappy het die afgelope vyf jaar reeds meer as 2 600 voertuie namens die departement van vervoer in die Wes-Kaap verkoop.

Brett Gallinetti, projekbestuurder vir die verkoop van die voertuie in die Oos-Kaap, sê daar sal tussen 200 en 300 voertuie op elke veiling verkoop word. Die eerste veiling is op 29 Oktober in Oos-Londen. Veilings sal later in Port Elizabeth en Mthatha gehou word.

Gallinetti wys daarop dat weens die Covid-19-maatreëls, sal net 250 individuele bieërs op die dag van die veiling op die perseel toegelaat word. Geen groepe sal toegelaat word nie. Belangstellendes kan egter aanlyn aan die veilings deelneem op die afslaer se webtuiste.

Mense wat wil koop, moet registrasiegeld van R10 000 betaal. Nog R1 000 moet betaal word as administrasiegeld vir ’n suksesvolle bod.

GoIndustry DoveBid het voorheen die verkoop van die lugdiens SA Express hanteer en was betrokke toe daar planne was om die Optimum-myn wat aan die Guptas behoort het, te verkoop.

Meer oor:  Goindustry Dovebid  |  Veiling  |  Voertuie  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.