Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
1 uit 4 rykes verkoop huis oor emigrasie

Die persentasie mense in hoë-inkomstegroepe wat hul woonhuise verkoop om te emigreer, is aan die styg. Dit is nou dubbeld die gemiddeld.

FNB merk ’n styging op in die aantal mense wat hul eiendom verkoop om te kan emigreer.

Volgens FNB word gemiddeld 12% van alle huise tans verkoop weens emigrasie, wat dit die vierde grootste rede maak waarom alle eienaars verkoop. Dit wissel egter van so laag as 4% onder huiseienaars wat eiendom vir minder as R750 000 in die mark sit tot ’n allemintige 24% vir mense met eiendom van meer as R3,6 miljoen.

Vir welvarende mense is emigrasie (24%) saam met afskaal soos hulle ouer word (ook 24%) die twee grootste redes waarom hulle verkoop, en Siphamandla Mkhwanazi, senior FNB-ekonoom, sê dit wil voorkom asof emigrasie onder dié mense aan die styg is.

“As die neiging voortduur, sal die ooraanbod van luukse eiendom toeneem en verdere prysverlagings meebring.”

Die persentasie huisverkopers oor alle pryse heen wat sê dat hulle wil emigreer, het in die vierde kwartaal van 2019 ’n hoogtepunt van gemiddeld 18% – teenoor die 12% tans – gehaal.

Die grootste rede waarom mense oor alle prysklasse heen verkoop, is omdat hulle afskaal soos wat hulle van lewensfase verander (21%), gevolg deur finansiële druk (20%). Lewensfase-verwante verkope is histories die algemeenste rede wat mense gee wanneer hulle ’n huis verkoop.

Die persentasie mense wat weens finansiële druk afskaal, is egter aan die styg en is nou die hoogste sedert 2011.

k

Dis ook nie net mense in die laer-inkomstegroepe of die middelklas wat geldelik vasbrand nie – 16% van mense met huise wat meer as R3,6 miljoen werd is, gee dit as rede aan waarom hulle verkoop.

FNB skryf dit egter deels daaraan toe dat topverdieners beleggingseiendomme verkoop, nie noodwendig hul primêre woning nie, en maatskappye met residensiële eiendom raak ook daarvan ontslae om hul kontantvloei te help.

Mkhwanazi verwag dat verkope weens finansiële stres vanjaar gaan toeneem.

Aan die ander kant is daar ’n stewige persentasie, gemiddeld 14%, van mense wat groter wonings koop. Dis veral waar in die prysklas onder R750 000, waar dit die rede is vir 18% van verkope, en R750 000 tot R1,6 miljoen (16% van verkope).

Meer oor:  Fnb  |  Huismark  |  Huis Verkoop  |  Emigrasie  |  Huiskoop  |  Huisprysindeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.