Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
2 gesogte eiendomme in Clifton opgeveil
Die Cliftonse strandhuis met direkte toegang tot Derde Strand. Foto: High Street Auctions

Diegene wat droom van ’n huisie by die see, met die regte Clifton-adres daarby, kan solank hul tande slyp vir twee eksklusiewe eiendomme wat in Junie hier opgeveil word.

In die een geval word ’n erf opgeveil. Die afslaer, Joff van Reenen van High Street Auctions, sê daar is byna geen oop erwe meer in Clifton nie, en met ’n vorige veiling in September verlede jaar het ’n Kaapstadse koper R20,3 miljoen betaal vir ’n erf.

Van Reenen sê met die rand se waarde wat so daal teenoor die Amerikaanse dollar, het hy reeds heelwat belangstelling uit die buiteland gekry. “Buitelanders betaal nou in der waarheid afslagpryse met die randwaarde so laag,” sê Van Reenen.

Die ligging van die erf wat in Clifton in die mark is. Foto: High Street Auctions
Die Cliftonse strandhuis met direkte toegang tot Derde Strand. Foto: High Street Auctions

Die tweede eiendom, ’n strandhuis, is een van net sewe eiendomme met direkte toegang tot Derde Strand.

Met ’n jacuzzi en groot onthaalruimte buite slegs ’n paar treë van die strand af, is dit enige onthaler se droom.

Die Kaapstad-metro het volgens Van Reenen reeds bouplanne goedgekeur dat die huis hoër opgebou mag word en dat daar ook ’n swembad gebou mag word.

Die virtuele veiling, wat op 9 Junie plaasvind, begin om 12:00.

Kyk hier hoe lyk die eiendomme.


Meer oor:  High Street Auctions  |  Clifton  |  Luukse Eiendom  |  Eiendomsveilings  |  Huismark  |  Eiendom  |  Erf  |  Veiling  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.