Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
2019 gaan maar stadig begin

Die eiendomsmark gaan nie oornag verbeter nie en verbruikers sal waarskynlik nog ’n bietjie moet wag dat die algemene ekonomiese sentiment verbeter voordat daadwerklike en betekenisvolle ekonomiese en eiendomsmarkgroei sal intree, sê Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff-eiendomsgroep.

Samuel Seeff

Hy sê dat vertroue in die mark tans die oorweldigende faktor is wat die ekonomie en mark terughou.

2018 was ’n uitdagende jaar vir die ekonomie en die eiendomsmark. Alhoewel die prysklas onder R1,5 miljoen steeds redelik bedrywig was, was daar ’n merkbare afname in die vraag na eiendom bo die R3 miljoen-prysklas.

In die superluukse areas het die vraag na eiendom bo R15 miljoen in Johannesburg en Sandton en bo R20 miljoen in Kaapstad (aan die Atlantiese Kus en in die suidelike voorstede) veral afgeneem.

Die verswakte ekonomiese en politieke klimaat en onsekerheid oor grondonteieningsplanne het ’n merkbare invloed op die mark gehad, sê Seeff. Minder verkope en ’n toename in eiendomsvoorraad het tot gunstige marktoestande vir kopers gelei. Terselfdertyd het prysgroei aansienlik afgeneem, hoewel daar nog geen werklike prysdevaluasie waarneembaar is nie.

Selfs al het die mark verswak, sê Seeff dat dit nog nie naastenby op dieselfde lae vlakke as in 2008 is nie. “Ons verwagting vir 2019 is om op dieselfde grondslag te begin en ons sal vir die eerste paar maande geduldig moet wees.

“Die eerste helfte van 2019 sal oorheers word deur die aanloop tot die verkiesing in Mei en ons sal waarskynlik taamlik baie politieke geraas ervaar. Die eiendomsgroep verwag dat die verkiesing ’n draaipunt sal wees. As die verkiesing ’n positiewe uitslag lewer met ’n mandaat vir pres. Cyril Rama­pho­sa om voort te gaan met sy hervormings, verwag ons ’n aansienlike verbetering in markvertroue wat van uiterse belang is vir die ekonomie en eiendomsmark.”

Seeff sê voorts dat daar baie redes is vir positiwiteit en dat ’n gunstige verkiesingsuitslag die ekonomie teen die middel van die jaar kan laat begin styg.

Die graderingsagentskappe hou tans die land op ’n stabiele vlak.

Die eerste helfte van 2019 sal oorheers word deur die aanloop tot die verkiesing in Mei en ons sal waarskynlik taamlik baie politieke geraas ervaar. Die eiendomsgroep verwag dat die verkiesing ’n draaipunt sal wees.

Ramaphosa se fokus om korrupsie en wanadministrasie uit die weg te ruim, terug te keer na goeie bestuur en sy onlangse suksesvolle beleggingsinsamelingspogings is alles redes om positief te wees.

Seeff waarsku verbruikers egter om versigtig te begroot, aangesien daar waarskynlik weer aansienlike kostestygings vroeg in die jaar sal wees.

Daar is ook steeds ’n moontlikheid van verdere rentekoersverhogings, dalk selfs reeds einde Januarie, afhangende van die jongste ekonomiese data.

Alhoewel ’n paar uitdagings in die eerste paar maande verwag kan word, sê Seeff as daar geen rampspoedige verwikkelinge in die land ontstaan nie, die ekonomie en eiendomsmark sal normaliseer en hopelik weer begin groei.

Die Seeff-eiendomsgroep sien beslis uit na ’n beter jaar, sê hy.

Die nuutste FNB- en Absa-eiendomsdata toon dat die mark steeds besig is om te verswak en prysgroei steeds daal.

Verkopers sal hul vrapryse moet aanpas by die huidige marktoestande.

Dit is belangrik vir verkopers om te onthou dat kopers nou baie meer eiendomsvoorraad het om uit te kies. Verkopers moet dus hul pryse aanloklik maak vir kopers.

Kopers moet ook nie te lank wag nie.

Alle ekonomieë en eiendomsmarkte gaan deur siklusse wat op en af beweeg en daar is baie gevalle waar kopers wens hulle het gedurende ’n afswaai-fase gekoop.

Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.