Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
5% van Growthpoint se winkelsentrums beskadig

Bykans 5% van die totale verhuurbare oppervlak van winkelsentrums wat die genoteerde eiendomsgroep Growthpoint in die land besit, is met die onluste in KwaZulu-Natal beskadig.

Die Watercrest Mall in Durban ‘n jaar nadat dit in 2015 geopen het. Foto: News24

Sewe eiendomme is in dié provinsie beskadig, maar geen ander eiendom van Growthpoint in ander provinsies nie.

Dit beloop sowat 2% van sy totale verhuurbare oppervlakte wat nie net kleinhandel nie, maar ander kommersiële eiendom insluit.

Winkelsentrums

Twee kleinhandeleiendomme, wat 4,6% van sy totale verhuurbare kleinhandeleiendom verteenwoordig, is egter geraak deur uitgebreide plundering en verwante skade.

Dit is:

* Die Watercrest-winkelsentrum in Durban, waarin Growthpoint ’n belang van 50% besit. Die winkelsentrum het in geheel 45 318 m² se verhuurbare oppervlakte.

* City View, wat Growthpoint in geheel besit. Dit het ’n totale verhuurbare oppervlakte van 40 362 m². Alle gemeenskaplike areas en huurders se persele is geplunder. Die plunderaars het ook probeer om ’n brand by die afleweringspunt te stig, maar dit is vinnig geblus. Skade is aan die lugversorgingstelsel en elektriese netwerke aangerig, wat ’n gedeelte van die sentrum sonder krag gelaat het. Sproeiers is geaktiveer en daar is dus ook die gevolglike waterskade.

Volgens Growpoint bepaal ’n span nog wat die totale skade aan albei die winkelsentrums is.

’n Foto op Growthpoint se webtuiste van sy Runway Park-pakhuis waar farmaseutiese produkte gestoor word.

Nywerheidseiendomme

Vyf nywerheidseiendomme, wat 2,7% van die totale verhuurbare oppervlakte van dié soort eiendom van die groep uitmaak, is in verskillende grade geraak:

* Runway Park van 12 160 m² is geplunder en die skade word nog bepaal.

* Die aangrensende Runway Park JV-onderneming, waarin 50% besit word, van 28 886 m², is ook geplunder en brandskade is aan die kantore aangerig.

* Inanda Road van 5 816 m² wat aan verskeie huurders verhuur word, het gedeeltelik deurgeloop en het geringe skade.

* Lanner Place van 14 446 m² het ook geringe skade nadat plunderaars ook daar ’n draai gemaak het.

* Ficus Place van 9 886 m² is minimaal geraak met net skade aan die omheining.

* Goodwood Road (voorheen African Gabions) van 5 314 m² is erg geplunder, maar het min skade.

Al die eiendom is vir sake-onderbreking en by Sasria verseker, volgens Growthpoint.

“Die maatskappy fokus steeds op die herstel van bedrywighede en handel by al hierdie plekke, en monitor steeds die situasie met die onluste. Die veiligheid van die personeel, sentrumbestuur, huurders en inkopiegangers, sowel as ons bates, bly van die grootste belang. As sodanig is daar bykomende veiligheidsmaatreëls ingestel by die bates met die grootste risiko.”

Growthpoint se aandeelprys het, saam met ander Suid-Afrikaanse maatskappye wat onder die plunderaars deurgeloop het, verlede Dinsdag skerp geval met 4,7% en het daarna verder gedaal. Sy aandeelprys staan nou op R14,55, wat bykans 8% laer is as 9 Julie se sluitingsprys van R15,75.

Meer oor:  Ekonomie  |  Onrus  |  Durban  |  Winkels  |  Plunder  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.