Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Aanloklike eiendom sal áltyd aandag trek

Tony Clarke, besturende direkteur van die Rawson Property Group, verduidelik wat ’n kopersmark is, hoe dit die gemiddelde huiseienaar raak en wat kopers en verkopers kan doen om hul doelwitte in dié mark te bereik. 

Eiendomme
Eiendomme

Kopersmark is wanneer daar meer eiendomme te koop is as kopers wat dit kan koop. 

In plaas van kopers wat teen mekaar meeding om ’n eiendom, moet die verkopers in so ’n mark teen mekaar meeding om kopers te lok. 

As gevolg daarvan groei die huispryse gewoonlik stadiger (of glad nie), en soms kan dit selfs daal en beteken dat eiendomme baie langer in die mark bly. 

’n Kopersmark kan deur verskeie faktore veroorsaak word, insluitend: hoë rentekoerse, ekonomiese onsekerheid, ’n hoë werkloosheidsyfer en onrealistiese huispryse. 

Enigiets wat eiendomsverkope minder toeganklik of aanloklik vir die algemene publiek maak, kan veroorsaak dat die huismark draai. Dit is nie noodwendig altyd sleg nie – inteendeel, dit is ’n baie belangrike deel van ’n eiendomsiklus.

Dit help dat eiendomspryse nie te veel styg nie en beskerm die land se huismark teen ’n moontlike ineenstorting. 

As jy wil koop  

Dit behoort nie ’n verrassing te wees dat ’n kopersmark ’n gunstige tyd vir kopers is nie. Die groot voordeel van so ’n mark is dat kopers meer ruimte het om asem te haal en hul huiswerk te doen, sodat hulle goeie pryse kry. 

Net omdat jy meer opsies en minder mededinging het, beteken nie dat jy altyd met ’n winskopie gaan wegloop nie. ’n Aanloklike eiendom teen die regte prys sal áltyd aandag trek – maak nie saak van die marktoestande. 

Maak ’n ingeligte aanbod

Kopers moet hul tyd neem om vertroud te raak met die mark, sodat hulle ’n ingeligte aanbod kan maak. Dit is nie ’n slegte idee om duurder eiendomme by jou soektog in te sluit nie, aangesien verkopers hul eiendomme dikwels vir meer bemark omdat hulle weet kopers gaan hulle afstry. 

Moenie dit misloop nie, maar pasop dat jy nie in finansiële moeilikheid beland nie. 

Pasop vir té laag 

Tony Clarke van die Rawson Property Group

As jou aanbod té laag is, loop jy die risiko dat ’n ander koper jou kan uitoorlê of dat jy die verkoper gaan afsit. Niemand wil hul geliefde huis aan iemand verkoop wat nie die waarde daarvan besef nie. 

Wees respekvol as jy ’n aanbod maak – veral as dit laer as die bemarkingsprys is. As jy dit wil doen, moet jy die ander aspekte van die aanbod so aanloklik moontlik maak. 

Gaan kry byvoorbeeld voorafgoedkeuring by die bank vir ’n huislening. 

As jy wil verkoop 

Die sleutel tot sukses is om jou eiendom bo die res te laat uitstaan. 

Akkurate pryse en intelligente, doelgerigte bemarking is noodsaaklik, asook gehaltefoto’s, goeie beskrywings en skouhuise wat goed bestuur word. 

’n Goeie eiendomsagent kan ook wonders doen. Moet egter nie in die versoeking kom om mandate aan agente uit te deel slegs gegrond op die verkoopspryse wat hulle “waarborg” nie. 

Die versoeking is altyd daar om die eiendomsagent te kies wat die hoogste verkoopsprys belowe, maar dit kan nadelig vir die verkoopsproses wees – veral in ’n kopersmark. 

Dit is ’n beter idee om ’n eiendomsagent te kies wat hul voorgestelde prys kan staaf met ’n volledige, vergelykende markontleding wat ’n duidelike prentjie gee van waar jou eiendom in die mark pas en watter mededinging daar is. 

Kontak
Vir meer inligting oor die huismark en ander eiendomstendense, besoek die webwerf by www.rawson.co.za. 

Meer oor:  Tony Clarke  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.