Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Aanstelling van ’n voorsitter
’n Voorsitter as benoemde van die trustees vervul ’n belangrike rol in die dag-tot-dag-bestuur van ’n deeltitelskema. Foto: iSTOCK

Is dit verpligtend in deeltitelkomplekse om ’n voorsitter aan te stel om die vergaderings van die lede asook die vergaderings van die trustees te lei?

Die trustees speel ’n belangrike rol in die bestuur van ’n deeltitelskema. Hoewel die trustees ondergeskik is aan die algemene vergadering van die lede het die trustees ’n uitvoerende en admini-stratiewe rol. Hulle is verant-woordelik vir die uitoefening van die magte en verpligtinge van die regspersoon in deeltitelskemas (onderhewig aan enige beperkings opgelê deur die wet, die reëls van ’n skema en die lede op die algemene vergadering).

Die trustees se hoofdoel is om om te sien na die dag-tot-dag-bestuur van ’n deeltitelskema. Trustees kan amper gesien word as die uitvoerende liggaam van ’n regspersoon. Ingevolge reël 12(3) van die voorgestelde bestuursreëls soos vervat in die Deeltitelskemabestuursregulasies van 2016 (“die Voorgestelde Reëls”) tot die Deeltitelskemabestuurswet (Wet 8 van 2011, “die Wet”) is die trustees verplig om ’n voorsitter aan te stel.

Die Voorgestelde Reëls bepaal dat by die aanvang van die eerste vergadering van die trustees ná ’n algemene jaarvergadering waar die trustees aangestel is, en ook wanneer andersins nodig is, moet die trustees by wyse van ’n meerderheidstem ’n voorsitter uit hul geledere aanstel.

Die voorsitter van die trustees behou sy/haar amp tot die einde van die volgende algemene jaarvergadering.

Die voorsitter van die trustees behou sy/haar amp tot die einde van die volgende algemene jaarvergadering. Voor die eerste algemene vergadering van die regspersoon is die ontwikkelaar of die ontwikkelaar se benoemde die voorsitter van die trustees.

Die trustees kan by ’n vergadering van trustees of die lede kan op ’n algemene vergadering so ’n voorsitter uit sy amp verwyder. Op voorwaarde dat die kennisgewing van die vergadering duidelik aantoon dat daar so ’n voorstel vir verwydering op die agenda is. So ’n verwydering van ’n voorsitter verwyder nie outomaties gemelde voorsitter uit sy/haar amp as trustee nie.

Wanneer ’n voorsitter uit sy amp verwyder is of wanneer die voorsitter nie meer ’n trustee is nie, moet die oorblywende trustees ’n plaasvervangende voorsitter uit hul geledere benoem. So ’n voorsitter sal dan die amp beklee vir die oorblywende deel van die ampstermyn van sy of haar voorganger.

Indien die voorsitter gedurende ’n trusteevergadering sy/haar stoel ontruim, of nie teenwoordig is nie of vir enige ander rede nie by magte is of ongewillig is om voort te sit nie, moet die trustees wat teenwoordig is ’n ander voorsitter uit hul geledere kies vir die vergadering.

So ’n plaasvervangende voorsitter het dan al die magte en funksies van die voorsitter vir so lank as wat hy of sy so optree.

Reël 12 se bepalings ten opsigte van die verkiesing en funksies van ’n voorsitter geld nie by regspersone wat uit slegs twee lede bestaan nie.

Ingevolge reël 18 van die Voorgestelde Reëls moet die voorsitter van die trustees voorsit by alle algemene vergaderings van die regspersoon. Tensy anders besluit deur die lede van die regspersoon op die vergadering.

Indien daar geen voorsitter is nie of die voorsitter van die trustees is nie teenwoordig binne 15 minute ná die tyd bepaal vir die aanvang van die vergadering nie, of indien so ’n voorsitter ongewillig is of nie by magte is om as voorsitter op tree nie, moet die lede wat teenwoordig is op die vergadering ’n voorsitter verkies vir die vergadering.

Die Voorgestelde Reëls skryf die verpligtinge van die voorsitter op die vergadering voor. Daar sal in ’n opvolgartikel gehandel word met hierdie verpligtinge van die voorsitter.

’n Voorsitter as benoemde van die trustees vervul ’n belangrike rol in die dag-tot-dag-bestuur van ’n deeltitelskema.

  • Stuur gerus vrae na ferdi@vmlaw.co.za.
Meer oor:  Deeltitelkomplekse  |  Voorsitter  |  Trustees  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.