Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Airbnb stel gratis verblyf bekend vir mense in nood

Airbnb het ’n filiaal op die been gebring waardeur mense noodhuisvesting beskikbaar kan stel of kan bekom.

Airbnb.org is ’n onderneming sonder winsbejag en is daarop gemik om weldoeners in verbinding te bring met mense wat noodverblyf benodig.

Medici wat op die voorste linie van die pandemie werk, sal voortaan gratis verblyf kan bekom op Airbnb se platform te danke aan die nuwe onderneming sonder winsbejag, Airbnb.org.

Die aanlyn verblyfdiens sê in ’n verklaring dat Airbnb.org mik om veral tydens ramptoestande vir mense ’n dak oor hul kop wil verseker wanneer ander opsies nie beskikbaar is nie.

Die idee dateer van 2012 toe ’n vrou gedurende orkaan Sandy in die VSA haar Airbnb-huis oopgemaak het vir mense wat alles verloor het.

Airbnb het sedertdien op klein skaal in ander ramptoestande soortgelyke dienste verskaf, maar het nou die aanbieding geformaliseer in ’n nuwe onderneming wat sy eie finansiering het.

Airbnb.org kan ook nou tydens die Covid-19-pandemie help om verblyf te verskaf aan medici wat op die voorste linie van die pandemie werk, veral dié wat na afgeleë plekke ontplooi word om mediese sorg en later ook entstowwe te verskaf.

Vlugtelinge en asielsoekers gaan dalk ook só gehelp word.

“Airbnb.org is ’n bewys van die vrygewigheid van ons gemeenskap en die krag van ’n idee wat agt jaar gelede by een gasheer begin het en in ’n beweging van medelye en gasvryheid verander het,” sê Joe Gebbia, medestigter van Airbnb en voorsitter van Airbnb.org. “Die stigting en ondersteuning van Airbnb.org stel ons in staat om ons pogings te versterk om gemeenskappe in nood wêreldwyd te help.”

Gashere wat hul verblyf beskikbaar maak vir mense in nood in samewerking met Airbnb.org, sal ’n spesiale balkie op hul profiel ontvang wat hul vrygewigheid ten toon stel.

Airbnb.org wil die program veral gebruik in brandpunte van die Covid-19-pandemie waar toetse en ander mediese dienste van kardinale belang is en medici nie altyd verblyf kan bekom nie.

Meer oor:  Airbnb  |  Inperking  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Rampe  |  Staat Van Inperking  |  Ramptoestand  |  Koronavirus  |  Akkommodasie  |  Toerisme  |  Nooddienste  |  Verblyf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.